Vermeende moordenaar vas ná polisiebeampte se ekstra myl

(Argieffoto)

ʼn Vermeende moordenaar is agter tralies nadat ʼn polisiebeampte wat van diens af was dadelik inligting oor ʼn verdagte voertuig opgevolg het – en dit boonop in sy private voertuig.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het gesê die sersant, verbonde aan die Clocolan-polisie, het inligting ontvang oor die verdagte voertuig wat verlate in ʼn straat in Hlohlolwane gestaan het.

Hy is dadelik na die toneel en het ʼn 25-jarige man in die voertuig aangetref.

“Die verdagte is aangetref met ʼn bloedbevlekte okapi-mes. Sy klere was ook bloedbevlek,” het Mbambo gesê.

Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die voertuig in Pimville in Gauteng gekaap is.

Die 35-jarige slagoffer is van sy voertuig, selfoon, ID, bankkaarte, klere en geld beroof. Hy is met ʼn mes gesteek en het op die toneel gesterf.

Die verdagte word van moord en kaping aangekla en sou na verwagting Woensdag in die Clocolan-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Casper ·

Welgedaan sersant.Dit is net weereens bewys dat daar nog toegewyde manne en vroe in blou is.

Sandra ·

Knapgedaan. Dis mos nou “commitment”. Hulle moet beslis die Sersant vereer. Want het hy nie so vinnig opgetree nie, was dit nou weer ‘n uitgerekte soektog vir die verdagte. Hulle moet ook noem wie hy is, sodat alle eer na hom toe kan kom.

Danie ·

Ek sou baie graag wil weet wat is die sersant se naam asb….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.