Twee verdagtes het die naweek agter tralies deurgebring nadat hulle verlede week ’n ondersoeker van die Valke na bewering met R10 000 probeer omkoop het. Die ondersoekbeampte moes in ruil hiervoor verseker dat een van die vermeende omkopers se broer op borgtog vrygelaat word.
Die twee verdagtes is egter in ’n onverwagte wending Vrydag in Ga-Rankuwa in boeie geslaan oomblikke nadat hulle die kontant aan die ondersoekbeampte oorhandig het.
Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, sê daar word beweer dat een van die verdagtes ’n broer het wat sedert verlede jaar in aanhouding is vir die beweerde vervaardiging van dwelms.
Die twee verdagtes – wat nou self vir borgtog sal moet aansoek doen – verskyn vandag (Maandag) in die landdroshof in Ga-Rankuwa op aanklagte van korrupsie. Hulle is onderskeidelik 40 en 42 jaar oud.
Genl.maj. Patrick Mbotho, provinsiale hoof van die Valke, het intussen die ondersoekbeampte geloof wat “onberispelike integriteit” getoon het.
Alles in die land het ‘n prys!
Bly dat daar nog darem van hulle is wat EERLIK is!
Die valke is darm een van die organisasies wat darm nie heeltemal gebreek is nie.
Hoekom sukkel die eerllike en hardwerkende persoon om werk te kry en bevorder re word, maar vir die wat korup en skelm is, is daar altyd baie hoogs betaalde geleenthede?
Dis voorwaar bemoediginde nuus dat daar nog goeie beamptes is
Ek dink die omkoop bedrag was te min.
Eintlik is dit mos maar deel van die ‘ job discription’ om eerlik te moet wees ten alle tye….