Vermeende plaasaanvaller vas; polisieman gewond

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Een verdagte is in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval Sondagoggend in Upper Tongaat in KwaZulu-Natal waartydens ʼn bejaarde man ernstig beseer is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Simon Shepherd (80) en sy vrou, Joy, is Sondag in die vroeë oggendure deur twee aanvallers in hul huis oorval. Simon is glo erg deur die aanvallers aangerand en is kritiek beseer. Joy kon daarin slaag om in ʼn kas weg te kruip en is ongedeerd.

Die aanvallers het Simon gedwing om die kluis se sleutel te oorhandig en het met ʼn onbekende bedrag kontant, ʼn vuurwapen en ʼn selfoon gevlug.

Volgens North Coast Courier is Simon in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem met vyf gebreekte ribbes, ʼn kopwond en diep snywonde aan sy lyf. Die vel op een van sy hande en arm is ook heeltemal af.

Gwala het gesê die polisie het een van die verdagtes Woensdagaand in ʼn informele nedersetting in hegtenis geneem. “Toe die polisie en lede van Alpha Security na ʼn tweede informele nedersetting is om die tweede verdagte vas te trek, het die verdagte hulle gesien en een skoot afgevuur voordat hy gevlug het. Een van die polisiebeamptes is in die been gewond,” het sy gesê.

Die tweede verdagte is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Oupa Hen ·

Ons kan maar slegs bid vir ons mense en ons land. Ons is magteloos teen hierdie oormag van veragtelike lafaards wat ou mense mense aanval.

andre van eeden ·

Dit maak nie saak hoe ons daarna kyk nie. Geweld is iets wat wat wêrelwyd drasties toeneem. Nie net in Suid Afrika nie.
Ons moet nie bid vir oorlog nie, maar dat die Here Sy kinders sal beskerm en kom haal.
Ons was net so oor die twee duisend jaar gelede gewaarsku oor die verderf van die laaste dae. Dit het al ge-arriveer en gaan net erger raak. Hierdie dinge moet kom.
Intussen moet elkeen wat sê hy/sy is ‘n Christen seker maak dat hul verhouding met Christus in orde is. Jesus gaan nie kom vir die goeie mense nie, maar slegs vir die wedergebore Christen. Dis nie wat ek sê nie, maar wel Jesus self.
So ook ken God ook nie die goddelose mens nie, maar net wie aan Hom behoort.
So kom ons gryp Hom aan en vertrou op Hom en stap die pad saam met Hom.

Ethel ·

Wit, swart, geel…..wat ookal d kleur. Kan ons nie maar ophou met nasie en vier kleure nie? Daars baie wat swaarkry en ly. Oorlog is geen uitkoms nie. Net mense wat opreg terugkeer na d Enigste Skepper vd heelal. Hom herken en aanbid en ophou om Sy Woord in twyfel te trek en te verander om aan te pas by die mens….ons almal bid vir reg en geregtigheid, maar hoe ver is ons nie van die Enigste Een wat d vir ons kan gee nie?

Frederik ·

Dit is seker nie verkeerd om daarvoor te bid nie, maar dit is nie nodig nie. ‘n Lelike oorlog is op pad.

Janneman ·

Ek glo ons moet die middele tot ons beskikking gebruik. Die enigste wat ons regtig het is finansieele mag. Na al die hofsake het Afrikaans nogtans gesneuwel by universiteite. Ons kan nie te veel hoop plaas op die grondwet nie.
As n lid van beide Afriforum en Solidariteit vra ek asb dat julle ons inlig oor die werkbaarheid van belasting weerhouding. Ek glo as die vark by n lee trog kom gaan hy n ander deuntjie skreeu.
Laastens moet hierdie kwalik verborge oorlog teen boere aan die groot klok gehang word. Ons het hulp van die buiteland maar veral die weste nodig.

Yvonme ·

Janneman, ongelukkig is belastingweerhouding net ‘n hersinskim! En Afriforum het by die VN ons lot gaan bekla … moet maar wag en sien! Jammer, wil nie jou bubble bars nie….

JC ·

Janneman, die uitslag van die hofsaak by UV is nog lank nie bekend nie- hou maar dop-hierdie menseregte verkragters gaan hul moses teekom-wag maar en kyk-hulle almal sal nog hul besluite moet verander en erken hulle was verkeerd na die howe met hul klaar is na aanleiding van die saak omdat al die gevalle soortgelyk is!

Lance ·

Kyk nou mooi die moordenaar gaan ontsnap uit polisie aanhouding by die hof

Lance ·

Janneman ek hou van wat jy voorstel …dis n blink idee !!!

Sandra ·

Hoe lafhartig kan n mens wees. Die oom is 80, waarom was dit nodig om hom so te verniel?
Hoe kan jy vir jou self of jou ras respek hê as jy ou mense so kan verniel? Sies man sies, jy verdien nie om asem te haal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.