Vermeende plaasaanvaller vasgetrek

Argieffoto: Phillip Bruwer

ʼn 24-jarige verdagte wat vermoedelik met ʼn plaasaanval in die Cullinan-omgewing verbind kan word, is Sondagaand in hegtenis geneem.

Konst. Connie Mogandi, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanval waarmee die man vermoedelik verbind kan word, het in November vanjaar plaasgevind toe ʼn plaaseienaar en sy gesin aangeval is en die aanvaller van die toneel gevlug het.

Die verdagte is omstreeks 19:00 ná ʼn volgehoue ondersoek deur die polisie in hegtenis geneem.

Genl.maj. Andre Wiese, bevelvoerder van die Tshwane-Oos-polisiëringsgebied, het die gebied se trio-taakspan geloof vir die inhegtenisneming en hul goeie werk om die veiligheid van plaasbewoners en die gemeenskap in die algemeen te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Coen ·

Knap gedaan polisie. Ons het méér van JULLE kaliber nodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.