Vermeende plaasaanvaller wat met kapmes aanval agter tralies

Die polisie het ses gesteelde vuurwapens gevind. (Foto: SA Polisie)

ʼn Vermeende plaasaanvaller wat ʼn boer van Leeudoringstad in Noordwes met ʼn kapmes aangeval het, is agter tralies.

Joseph Bernard Kulelaphi (50) word daarvan beskuldig dat hy saam met nog ʼn makker die 77-jarige boer op 12 Junie omstreeks 19:30 in die boer se huis oorrompel het.

Die bejaarde boer is met ʼn kapmes op die kop geslaan en vasgebind nadat die aanvallers ʼn deur oopgebreek het, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

Die verdagtes het ses vuurwapens uit ʼn kluis asook ʼn selfoon gesteel. Hulle het daarna met die boer se Mercedes-Benz gevlug.

Die boer het hom losgewikkel en die polisie ontbied. Hy is met ernstige hoofbeserings in ʼn hospitaal opgeneem en sy voertuig is ʼn paar uur later verlate op die Leeudoringstad-Orkney-pad gevind.

Volgens Myburgh is Kulelaphi kort ná die aanval geïdentifiseer. Hy is Woensdag by sy huis op ʼn plaas in die Leeudoringstad-omgewing in hegtenis geneem. “Al ses gesteelde vuurwapens is gevind. Die polisie het ook ʼn .38 Special-rewolwer, waarvan die reeksnommer verwyder is, gevind,” het sy gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op ‘n .38 Special-rewolwer waarvan die reeksnommer verwyder is. (Foto: SA Polisie)

Kulelaphi het Vrydag in die hof verskyn en bly in aanhouding.

Daar was die afgelope ruk ʼn vlaag plaasaanvalle wat tot hernieude kommer oor die veiligheid van inwoners van landelike gebiede gelei het.

Maroela Media het vroeër berig gewapende rowers het die afgelope week op twee plase in die Polokwane-omgewing toegeslaan. In een van die voorvalle is twee kinders gewond.

In die Onderstepoort-omgewing in Gauteng is ʼn 73-jarige man Donderdag ook aangeval en met ʼn stomp voorwerp aangerand. Hy is van ʼn televisiestel en ander items beroof. In ʼn afsonderlike voorval in dieselfde gebied is ʼn 18-jarige seun gewond toe aanvallers deur ʼn venster op hom geskiet het.

Volgens AfriForum is ʼn 66-jarige vrou ook vroeër vandeesmaand op ʼn plaas by Vanwyksvlei in die Noord-Kaap deur twee mans aangeval wat haar met ʼn klip teen die kop geslaan het. Sy is van sigarette, alkohol en kontant beroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anel ·

Maar dit is mos nie aanvalle op blankes nie. Net blankes wat swartmense aanval en vemoor. Sal graag die statistieke wil sien. W/w, w/s, w/b, w/i, s/w, s/w, s/b, s/i, b/b, b/w, b/s, b/i, i/i, i/w, i/s, i/b. Dit is nou as my vraag hier bly.

johanf ·

Dankie SAPD……. Hoop daar word van hom ook ń voorbeeld gemaak dmv geen borg, geen patool ten minste 20+ jaar tronkstraf, maar nou ja…….

Bloedhond ·

Ons weet julle is maar baie bewerig as dit kom by die berig van name van plaas aanvallers en plaasmoorde. Dit is ‘n GROOT verbetering om te sien Maroela Media begin om name van verdagtes by hulle berigte oor plaasaanvalle te plaas. Kom ons hoop en vertrou dit gaan ‘n instelling word.

Willie ·

Die regering het Geen beheer nie. Word wakker mense en besef watter tipe organisaie die ANC is.

Kanjynoumeer ·

Boere sluit aan by n Landbou organisasie.
Maak seker selfbeskerming maatrëels is in plek.
Sluit jou deure, hekke en plaashekke.
Kry as gemeenskap kameras, radios en patrollies in plek.
Jou lewe is belangrik.
Beskerm dit!!

a3a3 ·

Wanneer vuurwapens ingehandig word vir vernietiging: a. vermink vuurwapen met hoehslyper (grinder) sodat dit nie weer gebruik kan word nie en/of b. merk wapen deur gate in te boor (verkieslik die loop) en fotografeer baie duidelik. Fotos kan later gebruik word vir identifikasie. Haal die “moordenaars” uit die ketting!

Carl ·

Ongelukkig is die voorstel onwettig en ‘n oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens. Persone wat dit volg kan tronk toe gaan.

Amatambo ·

Nie dat Cyril slapelose nagte oor aanvalle teen blankes – hetsy boere of stedelinge – ondervind nie – dis vir hom heel aanvaarbaar wanneer “OUR PEOPLE” stelselmatig van al die blankes ontslae raak…

Carl ·

Nog ‘n tragiese aanval op ‘n bejaarde boer. Tyd wanneer jy die rus en vrede van jou plaas moet geniet, maar die krimineel wat vry los loop in SA onneem jou dit. #onskrynie_asem_nie
Maroela: Ek besef verslaggewers werk met 2de handse inligting soos ontvang vanaf bronne. Die bron vir die vuurwapen foto is dan die SAPS, en ek vermoed hulle het dan ook die inligting verskaf. Die “vuurwapens” in die foto is ten minste 4 uit 6 windgewere of windbukse. Die 2 swart wapens lyk ook soos windbukse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.