Vermeende plaasaanvallers in Winburg gefnuik

Argieffoto: Kent Williamson

Beamptes van die polisie in Winburg in die Vrystaat kon Dinsdag ʼn moontlike plaasaanval verhoed danksy vinnige optrede.

Kapt. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, het gesê kapt. Nineveh Landman is omstreeks 16:30 deur die plaaseienaar gekontak. Hy het twee verdagte motors aangemeld van persone wat glo skape wou koop. Hulle het uiteindelik die plaas verlaat.

“Kapt. Landman en ao Modipa het vinnig reageer en het met ʼn stop-en-deursoek-operasie in die gebied begin. Twee motors, met Gauteng en Vrystaatse nommerplate, is op die N5 voorgekeer. Vier persone het in elk van die voertuie gery.”

Khosana sê die voertuie en passasiers is deursoek en polisiebeamptes het beslag gelê op ʼn ongelisensieerde vuurwapen wat in een van die motors, ʼn Toyota Camry, versteek was. In die tweede motor, ʼn Volkswagen Polo, het beamptes beslag gelê op ʼn handskoen, klapmus en skerpgemaakte voorwerp.

“Agt mans is in hegtenis geneem en word aangehou op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en sameswering om ʼn misdaad te pleeg. Vier van die persone is onwettige immigrante.”

Landman het gesê die persone het aangevoer hulle wil skape koop op Witval-plaas in die Winburg-distrik. Die eienaar was nie daar nie, maar ʼn skaapwagter het sy werkgewer in kennis gestel wat daarna die polisie ontbied het.

Die verdagtes, tussen 25 en 40 jaar oud, sal binnekort in die Winburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

willie ·

Mag ons vorentoe meer sulke goeie nuus lees! Wakker wees en voorkomende optrede moet die wagwoord wees! Lekker om ook te lees dat ñ werker en die SAPD deel was van die positiewe storie!

Neels ·

Dit is voorwaar goeie nuus. Wys daar is nog goeie polisie in diens en baie meer betroubare en gewaardeerde werkers op plase. Dit wil voorkom asof 99% van plaas aanvalle deur onwettige immigrante gedoen word. Hulle is mos n beskermde spesie en as iemand iets se wird die zenofobiese kaart gespeel

Sê-ma-net ·

Deporteer hulle en verklaar hulle as ‘persona non grata’ maar eers na ‘n tydperk van dwangarbeid in aanhouding. Ja, dis reg, dwangarbeid. Bandiet in ‘n chaingang. Wreed? Nee. Mense regte? Watse menseregte kan hulle eis? Hulle is hier, onwettig, dus ongenooid. Net met een doel: misdaad loopbaan. Te bang om dit in sy eie land te waag, maar hier in sonnige SA is dit mos Sondag roomys dag in die tronk. As jy ooit gevonnis word. As ons dan nie die doodstraf kan herinstel vir halsmisdrywe nie, bring dan die ‘bandit will fix this’ stelsel terug. Laat die wetters werk van sonop tot sonsak, met helder pienk oorpak, voet boeie en kettings. Maak slaggate heel. Skoffel sypaadjies. Tel rommel op. Grou slote vir lê van pype, kabels ens. ALMAL moet SIEN hoe word mense behandel wat onreg pleeg teen die samelewing. So betaal hy sy skuld terug aan die publiek, teer nie op die belastingbetaler nie en word hopelik ‘gerehabiliteer’ wat tans nie die geval is nie. Sodra die RSA tronksel skielik nie meer ‘n ‘lekker plek vir vakansie en misdaad skolering’ is nie, sal voornemende misdadigers 2 keer begin dink en besin. Ons is mos Derde Wêreld land. Sluit hulle op in Derde Wêreld tronk met Dêrde Wêreld behandeling.

Santie ·

Ek stem saam. Dink net hoeveel potholes kan reggemaak word as gevangenis wat na aan parool is, (en vir wie dit nie die moeite werd sal wees om te ontsnap nie), elke dag buite kan werk. Vir hulle sal dit ook baie beter wees as om heeldag in ‘n tronk te sit. Hulle kan gebruik word vir dienslewering waaroor so betoog word, en om die Vaalrivier te help skoonmaak. Vroeër jare het mens gereeld sulke spanne gesien. Maar nou het hulle mos te veel regte……

Anel ·

En gebruik hulle ook om kos te produseer. Die staat het mos klomp plase. Laat hulle dit bewerk en so sorg vir hulle iei kos. Geen werk, geen kos!

jakes ·

Baie geluk aan die kaptein wat vining opgetree het. As daar maar net meer polisiemanne is wat met sulke toeweiding hul werk verrig. Die skurke sal borgtog kry en maar net weer op n ander plek toeslaan.

christa ·

wel gedaan skaapwagter. Jy verdien ‘n bonus. Dankie polisie vir julle vinnige optrede.

PIPPIE LANGKOUS ·

Ons soek nie hierdie mense in ons land nie – Gaan terug waar julle vandaan kom!!! Skoert!!! Ons het genoeg moeilikheid met ons eie mense…

Vat So ·

Ek is baie bly dat daar een plaasaanval gekeer kon word. Ek vra net dat die boer nou nog versigtiger moet wees want hy weet nou dat hulle oppad na hom toe was. Ek bid dat God sy engele by hom en sy geliefdes sal plaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.