Vermeende plaasaanvallers vasgetrek

Die polisie het beslag gelê op verskeie items, waaronder skootrekenaars en vuurwapens. (Foto: SA Polisie)

ʼn Groep verdagtes wat verbind word met die aanval op ʼn 77-jarige vrou op ʼn Vrystaatste plaas vroeër vandeesmaand, is agter tralies.

Die vrou is op 5 Maart op die plaas Trommel aangeval en van twee vuurwapens, skootrekenaars en ammunisie beroof, het kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, gesê.

Die groep word ook met ʼn diefstal op ʼn ander plaas op 1 Maart verbind.

Speurders van die Marquard-polisie en lede van die taktiese reaksie-eenheid het gister in die vroeë oggendure tydens ʼn intelligensiegedrewe operasie toegeslaan en nege verdagtes tussen 20 en 26 jaar oud in hegtenis geneem.

Drie van die mans word van huisroof aangekla, een van diefstal, twee mans word aangekla van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en drie word van verkragting beskuldig.

“Diegene wat van verkragting aangekla word, het glo een van die huisroofverdagtes se vriendin verkrag nadat hulle ʼn uitval oor die gesteelde goedere gehad het,” het Mbambo gesê.

Die groep se huise is deursoek en die polisie het beslag gelê op 135 koeëls, ʼn rewolwer en ʼn pistool, asook vermoedelik gesteelde goedere.

Die mans verskyn Maandag in die hof op Marquard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Werner ·

Goed gedoen hoop net nie hulle loop weer volgende weer vry rond na hulle elkeen R500 borg betaal het nie

Johan ·

Knap gedaan, lewer hulle uit aan die families om reg te sien, tronkstraf te lig

Sandra ·

Hulle verskyn Maandag in die hof net om Dinsdag weer op straat te wees, dis ‘n klug man.

Jannie van Niekerk ·

Nee, Maandag net na die hofverskyning loop hulle vry rond want meeste van die landroste wat tans op die regbank sit is hulle goedgesind. Daa behoort ‘n wet te wees dat geen ANC, SAKP. COSATU of EFF ondersteuner landroste, regsters,, prokureueers of advokate mag wees nie. Dis die organsiasies wat misdaad 100% ondersteun.

Werner ·

Weet julle al vd boer wat vanoggend in die limpopo vermoor is

J ·

Wanneer groepe van 9 mans sulke AANVALLE beplan en uitvoer kan dit nie as misdaad hanteer word nie.

Dit is OORLOG!

Jannie van Niekerk ·

@ Werner
Hulle sal op borgtog van 1 sent uitkom wat die ANC/SAKP?EFF landdros nog vir huille gaan betaal ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.