Vermeende plaasmoordenaar 15 jaar al soek

Thapelo Samuel Mokoena . (Foto: SAPS)

Meer as ʼn dekade nadat ʼn vermeende plaasmoordenaar uit aanhouding ontsnap het, het die polisie ʼn beroep gedoen op lede van die gemeenskap om hulle te help om die man op te spoor.

Die polisie in Bethlehem in die Vrystaat sê hulle is op soek na Thapelo Samuel Mokoena van Qwaqwa in dieselfde provinsie. Dié man, wat soms die van Mlangeni gebruik, word gesoek in verband met ʼn plaasaanval in 2004, waartydens Johanna Cathrina van Niekerk (72) en haar werker Tororo Elias Tsholo op die plaas Dankbaarheid naby Bethlehem vermoor is.

Mokoena en vier medepligtiges is destyds in hegtenis geneem en aangekla van die moorde.

“Die aanvallers word daarvan beskuldig dat hulle Van Niekerk en Tsholo op 23 Augustus 2004 doodgeskiet en nóg ʼn plaaswerker ernstig beseer het. Die beseerde plaaswerker kon daarin slaag om te ontsnap en hulp te ontbied,” sê brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder.  “Die polisie het dadelik gereageer en Mokoena en vier ander verdagtes in hegtenis geneem.”

Mokoena het egter op 27 Julie 2005 uit aanhouding ontsnap, ʼn dag voordat hy weer in die hof moes verskyn. Die polisie vermoed dat hy in Carletonville in Gauteng wegkruip.

“Enigiemand met inligting oor waar Mokoena hom bevind, moet die ondersoekbeampte ao. Nkosana Maseko by 073 584 6155 of 058 307 7957 kontak. Lede van die publiek moet liefs nie die man self nader nie, aangesien hy as geweldig gevaarlik beskou word,” het Maseko gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leon ·

Hy is lankal weg uit die land uit of hy is ‘n ANC kader so hy word vrygestel van vevolging.

Gerhard ·

Daai klong sit dalk in die parlement as eerbewys vir sy “helde-daad”…gaan soek hom daar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.