Vermeende plaasrowers vas

Argieffoto

Twee verdagtes wat na bewering ʼn plaasvoorman op ʼn plaas naby Zeerust, Noordwes, aangeval het, het Maandag in die landdroshof in Bafokeng verskyn.

Die twee, ʼn 37-jarige en 44-jarige verdagte, is Sondag in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasroof, waartydens ʼn 42-jarige voorman gesteek en van sy kontant beroof is. Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, sê die twee verdagtes het glo die plaashuis geplunder en toe gevlug met ʼn Toyota Hilux, selfone en kontant.

“Die polisie se ondersoek het hulle gelei na ʼn huis in Tlhabane-Wes, naby Rustenburg, waar die gesteelde bakkie buite geparkeer was,” sê Botma. Die twee is in hegtenis geneem en die polisie het dagga, twee kameras en 18 selfone gevind.

Die verdagtes word aangekla van die besit van gesteelde goedere en dwelms en bly in aanhouding tot hulle weer Donderdag in die hof verskyn.

In ʼn onverwante voorval het die polisie ʼn soektog van stapel gestuur nadat ʼn 67-jarige boer en sy 66-jarige vrou op hul plaas in Wolmaransstad aangeval is. Schalk en Lettie van der Merwe is Sondag tussen 16:00 en 17:00 deur ʼn groep van vyf verdagtes aangeval. Schalk is in die aanval dood en Bettie is ernstig beseer. “Die verdagtes, twee vroue en drie mans, het kontant en vuurwapens gebuit en in ʼn wit Toyota-bakkie van die toneel gevlug. Hulle is steeds op vrye voet,” sê Botma.

Die polisie het gevra dat enigiemand met inligting oor die voorval of die verdagtes lt.kol Thapelo Madito by 082 416 3621 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Irene

Dankie en goeie werk

Ronel

Goeie werk. Hoopnet hulle kry voldoende vonnis.

Ronel

Goeie werk. Hoop net hulle kry voldoende vonnis.

SjN

Dit was n beplande aanval en 2 vrouens is gebruik om aandag af te trek, almal moet meer paraat wees in die feestyd.