Vermeende polisiemoordenaar in hospitaal vasgetrek

Argieffoto: SAPD

’n 24-jarige man is in ’n hospitaal in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met die skietdood van ’n Oos-Kaapse polisiebeampte.

Die verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op sers. Phumlani Dastile in Augustus. Die verdagte het behandeling vir skietwonde ontvang nadat hy glo verlede Vrydag in ’n skietgeveg betrokke was, het kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, gesê.

Volgens Mgolodela sal die verdagte in die Zwelitsha-landdroshof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan is. Hy is onder polisiebewaking.

Kwanga Nojaholo (36) is reeds in verband met die moord op Dastile in hegtenis geneem en hy is steeds in aanhouding. Hy moet op 30 September weer in die hof verskyn nadat hy tydens sy vorige verskyning borgtog geweier is. Nojaholo is vier dae na die moord op Dastile in hegtenis geneem.

Dastile is op 23 Augustus doodgeskiet terwyl hy inligting oor ʼn sakerooftog opgevolg het. Hy is buite ’n taverne oorval en doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Di ·

Ja kriminele dink hulle gaan altyd wegkom hiermee – jou sondes haal jou wel in

Swerwer ·

Te oulik, krimineel word in hospitaal arresteer vir Polisie man se dood maar plaasmoorde neem jare om opgelos te word. My verstand is te klein om te gegryp

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.