Vermeende polisiemoordenaars in hof

Argieffoto (Foto: SAPD, Facebook)

Argieffoto (Foto: SAPD, Facebook)

Drie verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn polisieman in November vanjaar koelbloedig vermoor het, het Maandag in die landdroshof Brits verskyn.

Sers. John Mokotedi, wat aan die Mooinooi-polisiestasie verbonde was, is op 4 November doodgeskiet toe hy tydens ʼn roetinepatrollie op ʼn sakeroof by die Keya Rona-winkelsentrum naby Brits afgekom het. Die verdagtes het op hom en sy kollega losgebrand en hy is in die kop geskiet. Sy kollega was ongedeerd.

Thulani Mtshali, Mduduzi Gumede en Bhekizitha Madondo staan nou tereg op aanklagte van moord en gewapende roof. Die verhoor is Maandag uitgestel tot 18 Januarie wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

Ten minste 82 polisiebeamptes is vanjaar landswyd dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.