Vermeende reeksmoordenaar in hof

Argieffoto

ʼn 30-jarige man wat Dinsdag in die Evander-landdroshof in Mpumalanga op drie aanklagte van moord verskyn het, kan moontlik van nóg misdade aangekla word.

Die man is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die verkragting van en moord op drie jong meisies, tussen 11 en 16 jaar oud.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die polisie glo dat die man sedert 2016 die gemeenskap van Embalenhle “geterroriseer” het. “Volgens die inligting tot die polisie se beskikking het die oortreder sy slagoffers ingewag, hulle in nabygeleë bosse ingesleep en hulle met ʼn mes gedreig waar hy sy gruwelike dade uitgevoer het. Hy het dan sy slagoffers se liggame langs ʼn pad gestort,” sê hy.

“Al die liggame is binne ʼn kort afstand van mekaar af gevind en twee van die slagoffers is lede van dieselfde familie. Die verdagte is deur forensiese bewyse met dié misdade verbind. Namate die polisie se ondersoek vorder, sal daar waarskynlik nog aanklagte teen die beskuldigde aanhangig gemaak word.”

Die man staan tans tereg op drie aanklagte van moord, drie van verkragting, drie van ontvoering en een van roof met verswarende omstandighede. Hy sal weer op 22 Januarie in die hof verskyn vir sy borgtogaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

toy ·

Dit is net moord, moord, moord! Sal dit ooit tot ‘n einde kom in die land.

De Villiers ·

Die moordsyfer sal drasties afneem as die doodstraf heringestel word. Ongelukkig, met die ANC se kommunistiese / sosialistiese bestuurstyl van die land, sal dit ongelukkig nie gebeur nie. Menseregte word dan omgekeerd toegepas met die regte van kriminele wat swaarder weeg as slagoffers s’n. Daarom sal moord en ander geweldsmisdade ongelukkig aanhou teen dieselfde trant.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.