Vermeende reeksmoordenaar vasgetrek

handcuffsDie polisie in Limpopo vermoed dat ‘n reeksmoordenaar in die Thohoyandou-area in Limpopo bedrywig was nadat die soveelste lyk naby die Universiteit van Venda gevind is.

Brigadier Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê ‘n 45-jarige vrou se lyk is Vrydag op die universiteit se gronde gevind. Die vrou was ‘n werknemer van die universiteit.

Mulaudzi sê dit volg nadat ‘n 22-jarige vrou se lyk in Maart vanjaar ook op die universiteit se gronde gevind is. Die vrou was ‘n student aan die universiteit.

Mulaudzi sê in albei gevalle het die vrouens ‘n diep wond aan hulle agterkoppe gehad. Die 22-jarige vrou is verkrag voor sy vermoor is.

In April vanjaar is ‘n negejarige meisie se liggaam naby die universiteit gevind. Sy is ook verkrag voor sy vermoor is. Mulaudzi sê die liggaam van ‘n agtjarige meisie se liggaam is ook einde verlede maand naby die universiteit gevind. Sy is ook verkrag voor sy vermoor is.

Mulaudzi sê die polisie vermoed dat daar ‘n reeksmoordenaar in die area bedrywig was aangesien dieselfde modus operandi telkens gevolg is.

Mulaudzi sê ‘n 24-jarige man is intussen Dinsdagaand in hegtenis geneem in verband met die moorde. Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Thohoyandou-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.