Vermeende reeksverkragter aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 39-jarige man wat van ʼn reeks verkragtings sedert Januarie 2015 in Wentworth en Montclair, KwaZulu-Natal, verdink word, sal na verwagting Woensdag in die Durbanse landdroshof verskyn.

“Die man is Maandag deur die Brighton Beach-taakspan in hegtenis geneem,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hy staan tereg op ses aanklagte van verkragting.”

Die verdagte het glo vroue, tussen 22 en 38 jaar oud, gelok met beloftes van indiensneming. Hy het na ʼn afgeleë gebied saam met die vroue gestap en hulle dan met ʼn mes gedreig en verkrag. Die verkragter het ook ʼn waterbottel by hom gehad en die slagoffers eers aangesê om hulleself te was voordat hy hulle verkrag het.

“Sake van verkragting is by Wentworth en Montclair-polisiestasies aanhangig gemaak,” het Zwane bygevoeg. “Ons doen ʼn beroep op enige ander moontlike slagoffers van dieselfde verdagte om ook na vore te kom.” Die ondersoek duur steeds voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.