Vermeende reeksverkragter aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende reeksverkragter wat jong seuns in Evaton en De Deur in Gauteng geteister het, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

“Die 29-jarige man sal in die landdroshof in Vereeniging verskyn op aanklag van verkragting, poging tot moord, aanranding en diefstal,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Die man is verlede week in hegtenis geneem en word aan nege verkragtings sedert November 2012 verbind. Dit is moontlik dat hy aan nog misdade verbind kan word.

Die man het glo sy slagoffers, seuns tussen 11 en 14 jaar oud, gelok en hulle gevra om hom te help om bokse te dra. “Hy het hulle dan op die grens tussen Sebokeng en Vereeniging in ʼn oop stuk veld verkrag en van hul besittings, veral selfone, beroof.”

Van die seuns is baie erg aangerand. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.