Vermeende reeksverkragter dood in skietery met polisie

(Argieffoto)

ʼn Vermeende reeksverkragter is Woensdagoggend dood tydens ʼn skietery met die polisie.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het omstreeks 10:50 in Sundumbili in Mandeni, KwaZulu-Natal, toegeslaan ná inligting bekom is oor ʼn reeksverkragter wat die gebied teister.

“Beamptes het na Skhalambazoweg in Mandeni gegaan waar die verdagte weggekruip het. Polisiebeamptes het hom gevra om die deur oop te maak, maar hy het geweier. Die deur is oopgedwing en die verdagte het gepoog om op die beamptes te skiet. Hulle het teruggeskiet en die man is noodlottig gewond.”

ʼn Onwettige vuurwapen met vier patrone is in die verdagte se besit gevind.

“Die verdagte word met sewe sake van verkragting en roof verbind. Hy het die misdade tussen Julie 2020 en Desember 2020 gepleeg. Hy het vroue tussen 22 en 29 jaar deur sosiale media geteiken,” het Mbele bygevoeg.

Die man het as “Vivian Chili” op sosiale media bekend gestaan. “Hy het sy slagoffers na ʼn afgeleë gebied in die bosse langs die Mandeni-spoorlyn geneem, hulle met ʼn vuurwapen gedreig en hulle verkrag en beroof.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hannelie

Maw geen verlies vir die samelewing nie……..en die belasting betaler hoef hom nie in die tronk te versorg nie. Well done aan hierdie polisie….nou sal hy wel aan die pen ry vir sy dade.

Regverdigheid

Well done

JohanR

Another one bites the dust, and another ones gone and another ones gone!