Vermeende reeksverkragter in Limpopo aangekeer

Argieffoto

ʼn 43-jarige man is Sondag in Thohoyandou in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag dat hy vermoedelik vyf minderjarige kinders, tussen vier en 10 jaar oud, verkrag het.

Twee van die slagoffers, onderskeidelik agt en 10 jaar oud, is sussies. Hulle is onderskeidelik op 20 en 21 Februarie vanjaar verkrag. Die drie ander slagoffers, onderskeidelik vier, sewe en nege jaar oud, is van verskillende gesinne, het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die verdagte het na bewering al die slagoffers in sy huis in Tswinga Gotha in gedwing waar hy hulle verkrag het. Lede van die gemeenskap het inligting ontvang, die man aangekeer en hom begin aanrand,” het Mojapelo bygevoeg. “Die polisie is ontbied en beamptes het vinnig reageer. Hulle het die verdagte in hegtenis geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.