Vermeende reeksverkragter ontsnap uit Jhb-hof

Sibusiso Blessing Khuzwayo (Foto verskaf deur SAPD Gauteng)

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor Sibusiso Blessing Khuzwayo wat op 29 April uit die Johannesburgse landdroshof ontsnap het.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê Khuzwayo is verhoorafwagtend op agt verkragtingsake wat in Cleveland, Jeppe, Hillbrow, Johannesburg-sentraal en Booysens plaasgevind het. “Hy het na bewering hofordonnanse oorweldig voor hy uit die hofgebou ontsnap het.”

Sy saak sou hervat het in die hof vir moontlike skuldigbevinding, aangesien alle getuies reeds getuig het.

“Hy word as gevaarlik beskou en enigiemand wat hom sien moet die ondersoekbeampte of naaste polisiestasie kontak,” het Dlamini bygevoeg.

Die ondersoek oor sy ontsnapping duur voort.

Enigiemand met inligting kan kapt. Dithomo Mmako kontak by 082 744 9266.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Alfonso T. Tiesbrei ·

Dit is sekerlik nie moeilik om hofordonnanse te oorweldig nie

Frans ·

Is howe, landroskantore, tydelike sel-aangehoudes nie veronderstel om gedurig onder polisie bewaking te wees nie? Was die polisie in die landroshof met ete? Daar moet altyd offisiële beskerming wees. Hoe word dit verwag dat ordonanse gevaarlike misdadigers moet beheer as hulle nie korrekte opleiding het nie. Vir die ontsnapte misdadiger was dit seker kinderspeletjies om die ordonanse te “oorweldig” en toe te verdwyn. Lyk my as ‘n misdadiger in ‘n hof is, dan word dit “aangeneem” dat hy geensins kan ontsnap nie. Geen begeleide beskerming en bewaking nie.
Dalk kry die polisie hom nadat ‘n paar ekstra misdade gepleeg is! Die situasie sal verseker nou “gemonitor” word.

Felix ·

Was hy al voor hy ontsnap het as gevaarlik beskou, of na die tyd? En waar was die voetboeie?

Johanna Botha ·

Ou storie …gebeur SO gereeld ! Polisie is VAS aan die slaap …USELESS ! !

Wielspore ·

Teen die regte prys kan vreemde goed plaasvind, selfs ‘n gevaarlike verkragter. As die oortreder dan gevaarlik is, hoekom was hy nie in voet boeie?

Pieter du plessis ·

As hy as gevaarlik beskou word moes hy in voetboeie gewees het useless verby.

smurfie ·

As hy dan so gevarlik is, hoekom was sy hande EN sy voette nie in boeie nie?
Ek Sal dit seker nooit verstaan nie, seker sy menseregte om nie geboei te wees nie

Wilma ·

Oe voetboeie onmenslik. Shame sy menseregte. Slagoffers nix menseregters. Slapgat korrupte hofordonanse dalk? Sali verbaas wees. Almal pay ma min verrig werk vi dai pay

Abe ·

MM , asseblief,
Kan die “weeklikse” tekenprent van die boggelrug van Notre Dame nie nou maar verwyder word nie?

Jaco ·

Ek weet nie wie gaan onthou nie maar ontrent n maand terug het n blanket man ontsnap wat weer aangekeer is by Harties. Wel as jy Di 2 mane se fotos langs mekaar sit lyk dit soos soos 1 man met 2 belle.

Christo ·

Die polisiebeamptes wat hofordonanse is gewoonlik die wat nerêns elders in die polisie suksesvol aangewend kan word nie. Die verdagte moes in voetboeie en handboeie in die hof verskyn het. Nou moet dieselfde hardwerkende speurders wat dieselfde salaris as die hofordonanse kry hom wéér gaan soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.