Vier persone se planne is gefnuik toe hulle vermoedelik renosters by ʼn wildsplaas in Boitekong naby Rustenburg in Noordwes wou stroop.
Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het Dinsdag toegeslaan. “Toe die verdagtes besef hulle is in ʼn hoek vasgekeer, het drie van hulle in die bosse verdwyn. Polisiebeamptes kon ʼn 33-jarige man in hegtenis neem. Hy was ook die bestuurder van ʼn voertuig, ʼn Volkswagen Polo.”
Myburgh het gesê verdere ondersoek het onthul die verdagte wat in hegtenis geneem is, is ʼn polisiekonstabel. “Amukelani Nkuna het Donderdag in die Tlhabane-landdroshof verskyn op aanklag dat hy renosters wou stroop. Hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 24 Januarie.”
Die verdagtes word vermoedelik ook verbind met nog gevalle van renosterstropery in die Pilanesberg en nog inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Polisiekonstabel!
Sluit hom toe ! Vir baie lank
Wil jy meer , die wolf is toe skaapwagter
Polisiekonstabel…….nou weet mens wie verskaf die wapens aan die stropers???
Hoe en deur wie is die konstabel aangestel, ondersoek asseblief.
Hulle is ‘n verskriklike wrede spul gedoentes. In diens van die sapd maar steeds onopgevoed.