Vermeende renosterstropers in KZN vas

Die KwaZulu-Natalse polisie het op verskeie items, ook ‘n tuisgemaakte knaldemper, beslag gelê. (Foto: SA Polisie)

Polisielede in Hluhluwe en Mtubatuba in KwaZulu-Natal het vier vermeende renosterstropers aangekeer vir die besit van ʼn ongelisensieerde geweer, het die polisie in die provinsie Saterdag bevestig.

Kol. Thembeka Mbela, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het inligting ontvang dat die verdagtes, tussen 22 en 24 jaar oud, op die R618 tussen Matubatuba en Dukuduka op pad is.

“Die polisie het die voertuig opgespoor en toegeslaan. Hulle het die voertuig deursoek en ʼn geweer, verkyker, ammunisie, ʼn tuisgemaakte knaldemper en selfone gevind.”

Die insittendes is in hegtenis geneem en aangekla van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Hulle verskyn binnekort in die hof.

Mbele het gesê die polisie gaan ook probeer vasstel of die verdagtes moontlik met ander misdade in die gebied verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.