Vermeende renosterstropers se planne in die wiele gery

Foto: Maroela Media

Die polisie in die Vrystaat het vyf vermeende renosterstropers op ʼn plaas in Kroonstad, waar daar ʼn renosterkamp is, vasgetrek.

Sers. Fikiswa Matoti, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep mans het Saterdag in die vroeë oggendure die plaas betree en oor die heining wat na die renosterkamp lei, geklim.

“Die veiligheidswagte wat op die plaas werksaam is, het die groep mans gesien en hulle genader. Die verdagtes het op die wagte losgebrand en die wagte het teruggeskiet,” het Matoti gesê.

Die polisie is van die voorval in kennis gestel en ʼn volskaalse soektog na die verdagtes is van stapel gestuur.

Volgens Matoti is twee verdagtes omstreeks 01:50 vasgetrek. “ ʼn Derde verdagte wat bestuur het, is ook ʼn paar minute daarna in hegtenis geneem. Die bestuurder sou glo die verdagtes teen ʼn sekere tyd kom oplaai.”

Matoti het gesê die polisie is daarna in kennis gestel van twee mans met skietwonde wat behandeling by ʼn hospitaal in Odendaalsrus gaan soek het. “Die gewonde mans is toe ook in hegtenis geneem nadat die polisie hulle met die voorval kon verbind.”

Andries Baloyi (36), Moketele Mthombeni (28), Moses Mthombeni (46), Isak Nteo (36) en Dan Vilankulu (34) het Maandag in die Kroonstad-landdroshof verskyn op aanklagte van renosterstropery.

Hulle moet weer op 21 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sue ·

Wel gedaan. So bly om te sien veiligheids wagte het hulle gekeer. Miskien moet Rietvlei dam se wagte by hulle gaan leer hoe dit gedoen moet word.

Anoniem ·

Die veiligheidswagte is dapper, op en wakker YSTERS! Bly hulle het nie in die proses seergekry nie.

Eish ·

Hou maar die sekuriteit skerp want nou weet al wat wat leef en beef daar is renosters in Kroonstad.

Frikkie ·

Eerstens baie dankie aan die veldwagters (sekuriteit) wat hulle werk opreg gedoen het om die renosters te beskerm. Waarom moet die skuldiges hof toe gaan. Sit hulle onmiddelik in die tronk watse bewyse soek julle nog. Hulle het geen reg om hulle saak te stel nie. Het hulle dalk toesteming by die plaas eienaaar gekry om op die plaas te wees, Die eienaar sou ‘n groot berdrag geld verloor het sou die skurke in hulle doel geslaag het om eerste by die renosters te kon wees. Het hulle gedink wat die nagevolge gaan wees deur die uitwissing van ons natuur lewe NEE, vir hulle het dit oor niks anders gegaan as oor geld nie. O ja hulle gaan nou ook gratis regshulp kry en daarna free board en logging, op ons hard verdiende belasting geld. Weereens BAIE DANKIE aan die mense wat so hard gewerk het om die skurke vas te trek, hou so aan en bou voort op julle sukses

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.