Vermeende rower ná rooftog doodgeskiet

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Vermeende rower is Woensdagaand ná ʼn rooftog in Algoapark in die Oos-Kaap doodgeskiet.

“ʼn 39-jarige vrou het omstreeks 21:25 in haar motor, ʼn Toyota Corolla, by ʼn vulstasie in Uitenhageweg gesit en wag vir haar kêrel wat in die winkel was,” het kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagte het die deur aan die bestuurder se kant van die motor oopgemaak en ʼn vuurwapen op die vrou gerig. Die verdagte het haar selfoon gegryp en oor die pad na New Brighton weggehardloop.”

Die vrou en haar kêrel het daarna na Struanwayweg gery – op soek na die verdagte. “Die vrou het die verdagte geïdentifiseer waar hy gestap het en haar kêrel het hom gekonfronteer.”

Die verdagte het ʼn vuurwapen op die kêrel gerig en die kêrel, wat ook gewapen was, het verskeie skote op die verdagte gevuur. “Die onbekende verdagte is op die toneel dood. ʼn 9 mm-vuurwapen en patrone en die gesteelde selfoon is gevind. Eienaarskap van die vuurwapen moet nog bepaal word,” het Janse van Rensburg bygevoeg.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en ʼn geregtelike ondersoek word gedoen. Die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Persheks Adri ·

Hoedeman waar is jou mense om die publiek te beskerm 24/7? Jy wil ons ontwapen en kyk nou net gggmmmfff

Charles ·

Stem 100% saam met jou Adri!! Hoedeman en sy mense is net so korrup!!

Persheks Adri ·

En dan gaan hulle ons beskerm en dien Charles nee magtag ons doen dit sommer self! Sien hulle is nêrens in sig nie magtag

gatgogga ·

As die slagoffer van die roof se vriend nie ‘n handwapen gehad het nie, dan was die roof suksesvol.
Dus kan ons sien hoekom die kader met die hoed nie wil he dat die wetsgehoorsames handwapens moet besit nie.
Long leave, ANC, long leave!
Long leave, crime, long leave!

Persheks Adri ·

Hulle moet leave gatgogga baie ver weg magtag en vinnig ook!

Tubac ·

Jammer maar julle ken die uitdrukking van klou soos n neut in n wolkombers.

Vlerkie ·

Probleem is, die kêrel was nie deel van die beplande roof nie, hy was nie in die voertuig nie. Volgens die berig is niks geroof nie, sy het uitgespring en weggehandloop. Die “Kêrel” het met voorbedagterade na die kwaaddoener gaan soek en hom toe geskiet. Hierdie lyk nie goed vir die “Kêrel” nie. Dit is moord met voorbedagterade as jy my vra.

johann ·

Die verdagte het die kêrel met ‘n vuurwapen gedreig (heel waarskynlik nie aan hom gelisensieer nie) As die kêrel aangekla word is dit ‘n onreg wat skrei ten Hemel !

Tanniepetoors ·

As dit die “roofslagoffer” se metgesel is wat die “vermeende” rower geskiet het, het hy groot probleme. Moord met voorbedagte rade is maar een. Hoop vir hom dis ‘n wettige vuurwapen, maar vir die res van ons met wettige vuurwapens vir selfverdediging – slegte nuus. Uiters onverantwoordelike optrede.

Spookasem ·

As iemand ‘n vuurwapen op my rig het ek die volle reg om myself te verdedig. Ek kan glad nie verstaan hoemkom daar so baie negatiewe kommentaar gelewer word oor ‘n man homself verdedig. Hy het die selfoon dief gaan soek, hom gevind en gedonfronteer toe die dief ‘n wapen op hom rug. Wonder of mense eintlik die hele berig gelees het?

Spookasem ·

Die dief het ‘n wapen op hom gerig. Dit is selfverdediging. So geen probleem nie.

david ·

Read the article correctly and you will note that the robber took the woman’s cell phone and disappeared! Her boyfriend returned and they went looking for the suspect whom they found. On confronting the suspect he pulled out a weapon whereupon the boyfriend did the same and shot the suspect dead. A gun and the cell phone was recovered on the scene!
He acted correctly but as per the legal norm, the PP must now decide the nature of the case and a charge of murder/manslaughter must be investigated to counter the death of a person by shooting. Even the police go through the same experience. The boyfriend’s gun will go away as per the norm for forensic examination before being returned to him in due course.
What is difficult to understand?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.