Vermeende rower vas ná hy hospitaal toe gaan

(Foto: SA Polisie)

ʼn 28-jarige verdagte het Maandag in die landdroshof in Brits verskyn op aanklagte van huisroof met verswarende omstandighede.

Talent Moyo is Saterdag 2 November omstreeks 16:30 in hegtenis geneem nadat hy opgeneem is in ʼn hospitaal in Ga-Rankuwa, Pretoria.

“Volgens die inligting tot ons beskikking is Moyo beseer toe ʼn skietery uitgebreek het tussen hom en die huiseienaar in Brits wat hy Donderdag 31 Oktober probeer beroof het,” sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder van Noordwes.

Die verdagte het glo ʼn vals naam gebruik toe hy homself in die hospitaal laat opneem het. “Die polisie het egter inligting hieroor ontvang en hom met sy ontslag uit die hospitaal in hegtenis geneem,” sê Mokgwabone.

Volgens Mokgwabone word die verdagte ook verbind met ʼn sakeroof op 21 Oktober by die Panorama-winkelsentrum in Brits, waar 12 swaar gewapende mans drie winkels van ʼn onbekende bedrag kontant beroof het. Hy word ook verbind met verskeie ander sakerooftogte in Brits en Rustenburg.

Hy verskyn weer in Januarie volgende jaar in die hof op verskeie aanklagte. Moyo bly intussen in aanhouding.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

HOPELIK kry die gespuis NIE Borg nie, anders is alles pure verniet!!!

SjN ·

Sluit hom toe sodat sy sondes en pyn hom tot ander insigte bring.

JPV ·

Weet darem nie of die foto op die berig by die hospitaal geneem is, soos dit wel in die berig sê.

Dries Bý ·

Hoe het hy gedink as hy hospitaal toe gaan sal hy skotvry daarvan afkom ,gee hom n pil en sluit die gespuis toe

ursula ·

Dankie vir die wenk. Kan julle hom nou asb los dat hy uit bloei. Hoort nie in die samelewing nie. Well done huis eienaar.

Salamander ·

Hy kort bietjie tjoep en waterboard, dan sal hy gou sy maatjies uitwys!

Adri ·

Die volgende berig waarvan ons gaan verneem, is dat die persoon wat hom geskiet het, gearresteer is en vir moord aangekla word. Hou die pers dop!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.