Vermeende rower vas na transitoroof

Argieffoto

 ʼn Veertigjarige verdagte sal Woensdag in die Kathu-landdroshof verskyn in verband met ʼn transitorooftog in Kathu in die Noord-Kaap.

ʼn Veiligheidsbeampte het Maandag geld in Kathu afgehaal toe hy deur twee mans, gewapen met ’n geweer en ’n pistool, voorgekeer is. Die rowers is met ʼn onbekende bedrag kontant in ʼn voertuig vort.

Nomthandazo Mnisi, die woordvoerder van die Valke, sê die polisie se taktiese reaksie-eenheid het die rowers se voertuig agterna gesit. Die reaksie-eenheid, wat bestaan uit Kimberley se blitspatrollie, die polisie se openbare orde-eenheid (Pops), die Kathu- en die Postmasburg SAPD, Kimberley se lugvleuel en die Valke, het een van die verdagtes vasgetrek.

Die verdagte is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van gewapende roof. Die ander verdagte is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Die voorval was in Kathu en nie in Kuruman nie.