Vermeende rowers in hotel betrap

Argieffoto (Foto: cocoparisienne/Pixabay)

Drie mans is in ʼn hotel in Kempton Park in Gauteng in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vuurwapens.

Die Valke, Soweto se honde-eenheid, Badboys Security, GTP Saturation, Vision Tactical Security en Tracker Connect het die drie verdagtes in hegtenis geneem.

“Inligting is ontvang oor gewapende mans van KwaZulu-Natal wat van plan is om rooftogte in Johannesburg uit te voer,” sê kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). “Volgens die inligting het die mans ʼn hotelkamer in Kempton Park bespreek.”

Die span het ontplooi en die mans is met ses vuurwapens en patrone betrap. Die beamptes het ook beslag gelê op vermoedelik gesteelde eiendom, waaronder ʼn klankstelsel, juweliersware en selfone. Die polisie het ook op huisbraak-toerusting afgekom.

“Die ondersoek het die verdagtes ook met ʼn moord en poging tot moord op polisiebeamptes in KwaMashu verbind.”

Die verdagtes staan tereg op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en vermoedelik gesteelde eiendom. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Lyk my hulle wou hulle “Christmas Shopping” in Johannesburg kom doen! Seker ‘n Mall of twee slaan?