Vermeende rowers ontsnap uit polisieselle

Een van die verdagtes wat ontsnap het. Foto: SAPD

Een van die verdagtes wat ontsnap het. Foto: SAPD

Drie gevangenes het vroeg Donderdagoggend uit die selle van die Primrose-polisiestasie in die ooste van Johannesburg ontsnap.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie mans het omstreeks 01:00 deur ʼn gat in die muur van hul sel ontsnap. “Die polisie het gesien hulle het ontsnap toe hulle die sel besoek het. Die polisie het bourommel in die sel ontdek en gesien daar is ʼn gat in die muur bo die toilet,” het hy gesê.

Die verdagtes het vermoedelik ʼn onbekende voorwerp gebruik om ʼn gat in die muur te maak waardeur hulle ontsnap het. Die drie, tussen 25 en 28 jaar oud, is in hegtenis geneem vir sakeroof, huisbraak en die besit van dagga.

Dlamini het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat weet waar die gevangenes hulle bevind om met hul naaste polisiestasie in verbinding te tree. “Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om nie hierdie verdagtes te konfronteer as hulle gesien word nie, aangesien hulle gevaarlik kan wees,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa ·

Daardie rondtes van besoek om te kyk of alles reg is in die selle, het seker net 1 keer gebeur en dit was toe hulle klaar ontsnap het. Shame !!!

christine ·

Hulle moet die mense in staaltronke opsluit. Moet ook net daar verhoor word en nie na howe toe aangery word nie. Maar die lyk weer of iemand gemaak het of hy blind is. Nous die bosegoed vry

Jolene ·

Dis omdat daar geen beamptes is in die primrose polisie stasie, soos die video wat vroeer vandag op sosiale media versprei word was mense vroeer daar en daar nie een person in die hele stasie was nie, nie voor of agter by kantore die plek is heeltemal alleen gelaat… dis pateties!!!!

Tonginniekies ·

Twee van hulle het lekker dagga ogies gehad toe hulle afgeneem is. B-(

Paula ·

Sien my komentaar is verwyder, ek sê weer, hier is net n bewys dat nie nie ander kleuriges kriminele is soos so baie mense wil voorgee nie, in elke nasie volk en taal is vrot appels!!!

SAS ·

Het daar nie n tyd gelede , by n ander polisiestasie ,ook gevangenes ontsnap op n soortgelyke manier nie ???

Winston ·

Bewaarders het nie tyd vir deeglike inspeksies nie. Besig met selfone en betaal state nagaan en oor die res hou ek liewer my bek. Gevonnisde gevangenes kan, as hulle wil, werk buite. Wat n grap. Laat hulle stene maak vir HOP huise. Dis n hostel so hy kan uitboek wanneer hy wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.