Vermeende rowers sommer vinnig aangekeer

(Foto verskaf deur die SAPD)

Vier verdagtes sal na verwagting Maandag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van huisroof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het gesê die persone is Saterdag in hegtenis geneem. “Polisiebeamptes in Brits was op roetinepatrollie op die N4 toe hulle inligting ontvang het oor ʼn Toyota Condor wat na bewering tydens ʼn huisroof in Mmakau gebruik is,” het Botma verduidelik.

ʼn Onbekende getal gewapende rowers het die huis in Mmakau betree en die eienaars van R15 000 kontant beroof. Van die rowers het daarna te voet van die huis gevlug en ander het met ʼn Toyota Condor weggery.

“Die beamptes het die voertuig op die R511 naby De Wildt opgemerk. Die voertuig is voorgekeer en drie persone, wat in die voertuig gery het, is in hegtenis geneem. Die polisie was op die spoor van nog twee verdagtes en een van hulle is later aangekeer. Hy het ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in sy besit gehad.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

“Lede van die gemeenskap word gemaan om nie groot hoeveelhede kontant by hulle te dra nie.”

(Foto verskaf deur die SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.