Vermeende rowers vas ná hoëspoedjaagtog

(Foto: Bull Security via Arrive Alive/Twitter)

ʼn Groep wat vermoedelik ʼn winkel in die Woodlands-winkelsentrum in die ooste van Pretoria beroof het, is gou deur ʼn privaat sekuriteitsmaatskappy aangekeer.

Bull Security het Donderdag inligting van sekuriteit by die winkelsentrum ontvang dat ʼn rooftog aan die gang is by die iStore in die sentrum. “Ons eenhede het vinnig reageer. Op pad na die winkelsentrum het die verdagtes in die rigting van Mamelodi gevlug,” het Bull Security gesê. “Ons taktiese eenheid het die verdagte voertuig opgemerk en ʼn hoëspoedjaagtog het gevolg.

“Die verdagtes het beheer verloor oor hul voertuig en was in Solomon Mahlangurylaan in ʼn ongeluk betrokke. Ons eenheid kon albei verdagtes in hegtenis neem.”

ʼn Tweede wegkomvoertuig het ongelukkig in die rigting van Mamelodi weggekom.

“Die verdagtes is aan die Garsfontein-polisie oorgegee.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Knap gedaan manne! Wens die polisie kon so vinnig reageer, maar ek droom…

Harley Davidson ·

Dit is nou goeie werk met die verval van die polisie gaan ons meer en meer moet steun op sekuriteits maatskappye om wet en orde te handhaaf en om mense veilig te hou.

Karlahari ·

Weereens privaat sekuriteits maatskappy wat die SAPD se werk doen.
Die moniterings diens het seker sake van n afstand dopgehou.
Beki Cele is n “disgrace” vir sy pos en moet gepos word.

Susan ·

Flink optrede van die sekuriteits maatskappy. Dankbaar dat daar nog sulke instansies bestaan wat ons redding in die toekoms gaan wees, met die polisie wat voltyds besig gaan wees om mense in hegtenis moet neem vir misbruik van dra van maskers, in besit van wynbottel in motor, of oppad hospitaal toe met noodgeval na 9 in die aand. SA waardeer elke instansie of person wat ‘n positiewe bydrae lewer tot die veiligheid van ons landsburgers.

Moeilikheid ·

Mooi manne trek die duiwels vas wys die SAPD hoe dit gedoen word,Cele klim van jou troon af en kom in die strate sodat jy kan sien wat aangaan.

christo ·

Knap gedaan! Dis duidelik dat ons nie meer op die SAPD of die’ try to be cops’ metropolisie staat te maak nie.
Bheki Cele het ‘n gemors gemaak van die SAPD toe hy kommisaris was en ook as minister.
Wat meer kan ons van die ANC verwag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.