Vermeende Sassa-bedrieërs in die hof

Argieffoto

Veertien verdagtes, tussen 29 en 63 jaar oud, het Donderdag in die landdroshof in Oos-Londen verskyn op aanklag van die oortreding van die Nasionale Kredietwet.

Kapt. Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die polisie, het gesê altesaam 221 Sassa-kaarte is na bewering in die besit van die verdagtes gevind, wat nie aan hulle behoort het nie.

Noluvo Kastikasti (29), Masibulele Maqhovu (30), Jeff Ngomba (34), Pumza Bolo (39), Unathi Kwayiya (42), Vuyelwa Magwadi (45), Nontsikelelo Nyonane (46), Elizabeth Joka (47), Cikizwa Phonoyi (50), Ntombizanele Ludziya (52), Sindiswa Mtshatsheni (53), Wandile Dyantyi (54), Mercy Mbinda (56) en Eric Yula (63), is Maandag in hegtenis geneem ná ʼn wenk dat hulle vermoedelik verdagte transaksies uitvoer by tellermasjiene in ʼn plaaslike winkelsentrum.

Die persone is vrygelaat op borgtog van R500 elk en die saak is uitgestel tot 2 Augustus vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die belaglike ou pasella borgtoggie van R500 dien op sy eie “natuurlik” as n reuse afskrikmiddels vir kaart-skelms!!! Ons regsstelsel blyk uitgeknip te wees in/vir die plundering van SA!

Phil ·

So staan ek nou die dag in n ry om n paar goedjies by n bekende kettingwinkel te koop. Opvallend was een ry was vir mense om geld te trek met hul SASSA kaarte. Elke persoon trek R1800 kom ek agter soos die teller die geld aftel. Meer opvallend was die een vrou wat R1800 trek en toe nog n kaart uithaal en n verdere R1800 met die ander kaart ook trek. Ek wonder toe nogal by myself hoe gebeur dit sonder dat die “teller” enige vrae het?

Grompie ·

Wat van n fototjie soos die wit swendelaar in Rioolfontein dis mos wat jul berig vroeer gese het.Hou van fotos kyk.

J ·

Dink daar is duisende sulke gevalle, maar om daai soort borgtog te gee is belaglik, moes ten minste R10000 rand per persoon gewees het, sal ook nooit weer hoor van die saak nie

Hendrik ·

R500 borgtog…. bleddie belaglik ! Die Polisie doen sy bes onder die onstandighede om krims vas te trek, en die useless howe laat hulle net weer vry…

Red ‘n land….

Allie ·

Hulle moes GEEN borgtog ontvang het nie! GEEN. Hulle plunder ons land leeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.