Vier persone is in Dundee in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem op aanklag van selfoonbedrog en vervalsing.
Kapt. Nqobile Gwala het gesê die persone is Vrydag in die middestad van Dundee in hegtenis geneem nadat hulle glo selfoonkontrakte by een van die groot diensverskaffers opgegradeer het met vervalste dokumente.
“Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat die persone glo ook in Glencoe, Dundee, Newcastle en Ladysmith bedrywig was. Die polisie het beslag gelê op talle vervalste dokumente, waaronder identiteitsdokumente met verskillende foto’s,” het Gwala bygevoeg.
Die polisie stel ondersoek in om te bepaal of die verdagtes ook met ander sake verbind kan word.
“Hulle staan tereg op aanklag van korrupsie en sal binnekort in die hof verskyn. Hulle is almal oorspronklik van Johannesburg en het met ʼn motor met Gauteng-nommerplate rondgery,” het hy gesê.
Die laaste paragaaf verduidelik alles! Hulle is oorspronklik van Johannesburg. Ons is nie so in KZN nie, dit is die Jo’burgers wat in Natal gevang word met hul skelmstreke. Die Gautengers besorg aan ons provinsie ‘n reputasie.
Duidelik lees jy net wat jy wil julle is nie so onskuldig soos jy voorgee lees al die nuus voor jy klippe gooi
LoL…Cherokee, die Nr.1 skelm kom van KZN af
Hahahaha skerp.
Zuma is van KZN….