Die polisie van Postmasburg in die Noord-Kaap is op soek na ʼn man wat glo vroeër vanjaar twee jong seuns verkrag het.
Volgens lt. Sergio Kock, ʼn polisiewoordvoerder, het vier seuns, tussen nege en 10 jaar oud, op 23 April op ʼn sypaadjie in Postdene gespeel toe die man hulle genader het.
“Die man het vir die seuns geld gegee en hulle gestuur om vir hom sigarette te gaan koop,” het Kock gesê. “Hy het na bewering twee van die seuns verkrag toe hulle teruggekeer het.”
Die verdagte is in sy middel 20’s. Hy is sowat 1.7m lank en slank gebou.
Die polisie het ʼn identikit van die verdagte uitgereik. Mense wat die man sien of herken word versoek om konst. David Mongake by 078 302 4353 te bel.
Vuilgat-die tipe wat weerlose kinders teiken.Bang vir die EVA geslag-wonder net wat sê sy ma,seker ook die enigste kind wat nie sy seksuele lusse /begeertes kan bevredig nie,maar verkies onskuldige 10jarige seuns. Wat het van jou h**d geword!!