Vermeende sluipmoord-aanval op oud-Valkehoof

Johan Booysen. Foto: Karen Sandison/African News Agency(ANA)

Genl. Johan Booysen, afgetrede voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, het na berig word Maandag ʼn sluipmoordaanval by sy huis in Pretoria oorleef.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn saak van die rig van ʼn vuurwapen is vandag by Brooklyn-polisiestasie aanhangig gemaak. “Die slagoffer was in die oprit toe ʼn verdagte hom oorval en ʼn vuurwapen op hom gerig het. Die verdagte het daarna weggehardloop sonder dat enige skote gevuur is,” het Masondo gesê.

Masondo wou nie die slagoffer se identiteit bekendmaak nie, maar hy het bevestig die polisie se ondersoek duur voort.

News24 het intussen berig die aanvaller se vuurwapen wou nie afgaan nie en die verdagte het weggehardloop toe ʼn persoon, op ʼn balkon naby die voorval, begin skree het.

Meer inligting sal volg.

*Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hannes ·

Hy weet te veel. Wil vir my lyk van die regerende party se lede in KZN raak senuweeagtig.

Hennie J ·

Gen. kry asb vir jou behoorlike beveiliging en moenie die polisie daarvoor vertrou nie. Ek bid jou toe die veiligheid en beskerming wat jy verdien.

ONTPS ·

Kan dit regtig as ‘n sluipmoordaanval beskryf word as iemand nie probeer het om hom te vermoor nie. Die “vermeende moordenaar” het weggehardloop sonder dat ‘n skoot geskiet is. Dalk was dit ‘n “vermeende kaper” of “vermeende rower”?

Die Wolf ·

Volgens die berig wou die wapen nie afgaan nie. Wonder of die aanvaller weet hoe om die wapen te gebruik.

AH ·

Watter woorde jy ook al wil gebruik vir die voorval maak glad nie saak nie. Dat die “vermeende” skurk wou doen is kaap, roof of moor of al drie. Hoekom dus hare kloof, almal kan sien wat die poging was! So dankbaar dat die vuurwapen gefaal het ….

MT ·

Waar in ‘n normaal-funksionerende land hierdie uitstekende polisieman ge-eer sou word vir die goeie werk wat hy onder bitter moeilike omstandighede gedoen het, word daar in die nuwe, mislukte Suid-Afrika jag gemaak op sy lewe!

Ek skaam my vir jou, Suid-Afrika!

Dine ·

Genl. Ons bid dat n engelskaar om jou getrek sal word vir beskerming. Pas jouself asb mooi op. Jy is kosbaar vir ons. Ons kort meer mense wat geregtigheid wil sien seëvier, maar besef ook hulle lewe bly in gevaar. Sterkte Johan.

JohanR ·

Genl. Booysen jy moet daai haelgeweer en pistool naby hou, want in die land weet jy nie wie vir jou wag en om watter rede nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.