Vermeende stroper aangekeer toe hy vriende se hofsaak bywoon

Die ingangshek na Mapungubwe Foto: africafreak.com

Die ingangshek na Mapungubwe Foto: africafreak.com

‘n Man is in hegtenis geneem in verband met vermeende renosterstropery in Limpopo, het SANParke Donderdag gesê.

“Die man is Dinsdag by die landdroshof in Louis Trichardt in hegtenis geneem toe hy sy vriende se aansoek om borgtog bygewoon het,” het Divhani Maremba, woordvoerder vir SANParke, gesê.

Die vier verdagtes is vroeër in Augustus in hegtenis geneem nadat hulle glo op die Mapungubwe-wêrelderfenisterrein toegeslaan het. Die man sal op 26 September weer saam met sy vriende in die hof verskyn.

Lees ook:
Renosterkarkas by Mapungubwe-wêrelderfenisterrein

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Erich Goosen ·

Hierdie man se bedagsaamheid om homself aan te meld behoort met die presidensiële Orde van die Stinkblaar bekroon te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.