Vermeende stropers in gastehuis aangekeer

Foto: LekkeSlaap

Ses vermeende renosterstropers is by ʼn gastehuis in Pongola, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem met ʼn jaggeweer, ammunisie, jagmesse en ʼn byl in hul besit.

Die departement van omgewingsake het gesê hulle verwelkom die inhegtenisneming en moedig die gemeenskap aan om die polisie en bewaringsowerhede by te staan in die geveg teen renosterstropery.

Vincent Mathothe (42), Hloniphani Khumalo (34), Mhlekiswa Dlamini (47), Florence Lubisi (39), Mogala Ragolane (53) en Frans Tshabangu (48) sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning.

Die departement het gesê teen einde Augustus 2018 is daar al 83 renosters in KwaZulu-Natal gestroop, aansienlik minder as die 183 in dieselfde provinsie in dieselfde tydperk verlede jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

willem Botha ·

Wat ons graag volgende wil hoor is die mans is skuldig bevind en lewenslank gevonnis en parool sal eers oorweeg word in 2060.

jakes ·

Sulke nuus op n vrydag is baie goeie nuus. Sluit toe en gooi die sleutel weg.

Neels ·

Baie goeie nuus, maar met hulle volgende hof verskyning mag hulle dalk borg kry en dan verdwyn net om nie weer gevind te word nie. Iets wat ek hier raak lees die name word gegee voordat hulle nog gepleit het. Met ander sake mag die name kwansuis nie gegee word nie . Hoe werk dit.

SjN ·

Bly in gastehuis, dit was beslis nie die eerste keer wat hul dit doen nie, geld raak seker op en moet aangevul word. Hoop geregtigheid seevier.

horing ·

humor; dit blyk dat Anne Marie se ‘benadering’ verwyder is – die meisie was seker te rof met haar voorstelle.

AW ·

Operation Lock and the War on Rhino Poaching (John Hanks)

Killing for Profit – Exposing the Illegal Rhino Horn Trade (Julian Rademeyer)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.