Vermeende stropers op Robbeneiland betrap

Altesaam 24 mense is in hegtenig geneem. (Foto: SA Polisie)

Die polisie en lede van die departement van landbou, bosbou en visserye in die Wes-Kaap het op ʼn groep vermeende stropers in die omgewing van en ook op Robbeneiland toegeslaan.

Die polisie was Dinsdag omstreeks 02:00 op patrollie in die omgewing van die eiland toe hulle ʼn aantal bote sien wegjaag nadat dié van die polisieteenwoordigheid bewus geraak het, het Siyabulela Malo, polisiewoordvoerder, gesê.

Die bote het die groep duikers net daar in die see gelaat.

Malo het gesê altesaam 17 verdagtes is vir oortredings van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne (beskerming van wilde perlemoen), asook die besit van verbode toerusting in ʼn gelyste gebied in hegtenis geneem.

“Geen perlemoen is egter in hul besit gevind nie,” het Malo gesê.

Dinsdagmiddag het die polisie inligting opgevolg dat nóg mense steeds op die eiland skuil en dat bote gereed maak om die vermeende stropers te gaan oppik. “Die polisielede het ʼn verdere soektog van Robbeneiland se Murray’s Bay gedoen en sewe verdagtes gevind wat tussen die rotse buite die hawe geskuil het. Hulle was in duikpakke geklee. Beslag is ook gelê op agt duikstelle.”

Die verdagtes is tussen 21 en 50 jaar oud en kom van Hermanus, Houtbaai, Kleinmond en Grassy Park. Hulle verskyn na verwagting Donderdag in die Kaapstadse landdroshof.

Lt.genl. Sindile Mfazi, Wes-Kaapse waarnemende polisiehoof, het die polisie geloof vir hul verbintenis tot die beskerming van mariene hulpbronne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

skandelik ·

Dis absoluut skandelik dat ons gehoorsame burgers nie eers 1 perlemoentjie mag uithaal nie, ons kus word gestroop!! As ek nou terug dink was dit seker die begin van alle stropery want deesdae is dit mos nie snaaks nie. Alles is daar vir VAT! Geen wonder oral sukkel alles so nie, eskom, hospitale en en en….. dit maak my siek

Rene ·

Fantasties, mag die skurke aan die pen ry! Ons seelewe is so kosbaar!

m ·

Sluit hulle toe en gooi weg die sleutel. Dis skurke soos daardie wat die lewe vir ons almal in SA ondraaglik maak!!

Christa ·

Geen simpatue, sluit die plunderaars toe tot na nuwejaar en verhoor hulle dan vir Borg.

Joke! ·

Sindikaat hier betrokke..Hierdie is net die klein vissies…

PJC ·

Robbeneiland is ń reservaat en bekend vir sy lekker groot perlemoen en kreef. Ek wonder net hoe lank gaan hierdie stropery al aan. Die feit dat sommige van die stropers van so ver af kom is ń aanduiding dat bronne op ander plekke besig is om uitgeput te raak.

Moeg vir Misdaad ·

Hermanus, Gansbaai en Pearly Beach is al leeg gestroop. Op Pearly Beach jaag die stropers jou sommer van die strand af as jy te naby aan hulle aktiwiteite kom.
Alles te dankie aan die plakkerskamp daar.

Rm ·

Sal absoluut niks met hulle gebeur, sal nooit weer enige iets hoor van die mense nie

Cherokee ·

Selfde ou rympie in alle berigte oor misdaad. Ek wens MM se onbevoegde filter wil herhalende rympies soos diè uitsmyt.

SjN ·

Sluit hul klomp stropers almal toe in Mandela se sel, geskiedkundige gebeurtenis.

Oostenwald Kotze ·

Daar is tonnels met vertrekke by die drie groot kanonne en een naby die eerste kragstasie wat op die eiland in gebruik was. As die duikers daarvan weet, sal hul daar skuil.

Db ·

Kan mens oorvertel dat hulle nou “the father of the nation” se blyplek so beroof!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.