Vermeende stropers weer vinnig terug in die hof

Argieffoto (Foto: Rhino Horn Auction)

Ses verdagtes wat van renosterstropery beskuldig word, sal vandeesweek weer in die Grahamstad-landdroshof verskyn.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het gesê die mans moet Dinsdag, 7 Augustus weer in die hof wees vir ʼn tolk, en die mans se aansoek om borgtog sal op Vrydag, 11 Augustus aangehoor word.

“Die persone, tussen 25 en 30 jaar oud, is op 31 Julie omstreeks 16:00 tydens ʼn gesamentlike operasie, genaamd ‘Operation Full Moon’, in hegtenis geneem,” het Soci gesê. Die mans is tussen Peddie en Grahamstad, ongeveer 2 km buite Grahamstad, aangekeer.

“Die verdagtes se voertuig is voorgekeer en tydens ʼn soektog is daar beslag gelê op ʼn .375-geweer, nege patrone, ʼn groot bedrag geld, twee messe, twee byle en nege selfone.”

Die mans is almal oorspronklik van Zimbabwe en die ondersoek sal bepaal of hulle moontlik met ander renosterstroperyvoorvalle in die provinsie en/of land verbind kan word, het Soci bygevoeg.

Hulle staan tereg op aanklagte van sameswering om ʼn misdaad te pleeg, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johanna Botha ·

Almal van zim ……seker oor die grens gestap soos baie ander

kas ·

Daar is ‘n drukfout met die datum van die vol;gende hofverskyning.Elf Augustus is ‘n Saterdag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.