Vermeende transitorowers aangekeer

Argieffoto (Fidelity Security)

Drie mans, tussen 29 en 34 jaar oud, sal na verwagting Vrydag in die Fort Beaufort-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn in verband met ʼn beweerde kontant-in-transitorooftog.

ʼn Fidelity-veiligheidswag was Dinsdag omstreeks 11:40 besig om geld in ʼn kitsbank by ʼn Superspar in Fort Beaufort te laai toe drie gewapende mans hom oorval het, het kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, gesê. “Hulle het sy wapen by hom afgeneem en met ʼn onbekende bedrag kontant in ʼn wegkomvoertuig van die toneel gevlug.”

Die Valke en polisiebeamptes het dadelik reageer en hul ondersoek het hulle omstreeks 15:30 na Mdeni in Fort Beaufort gelei waar die drie persone in hegtenis geneem is. “Beamptes het beslag gelê op vier pistole, insluitend die Fidelity-veiligheidswag se vuurwapen. ʼn Deel van die gesteelde geld is ook gevind.”

Die ondersoek duur voort en verdere inhegtenisnemings kan moontlik volg, het Feni bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ben ·

Die ander gedeelte van die geld is seker “hulle” bonus omdat hulle die skelms gevang het.???

Tiekie ·

En dan word hulle weer Saterdagoggend op ‘n waarskuwing vrygelaat . neewat glo niks meer wat julle opdis nie . .. tokkel maar aan.

nadia ·

mooi man!!! ek hoop die Karen Park Rowers van die naweek word ook gevang

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.