Vermeende verkragter geskors ná student sterf

Khensani Maseko. Foto: Instagram

Die Rhodes Universiteit in Grahamstad in die Oos-Kaap het die vermeende verkragter van Khensani Maseko (23) geskors nadat Maseko haar eie lewe ná die beweerde verkragting geneem het.

Die universiteit het Maandagaand in ʼn verklaring gesê die vermeende oortreder het Maandagoggend ʼn skorsingskennisgewing ontvang, op dieselfde dag dat Maseko met die universiteit se ondersteuning- en ondersoekspan oor die beweerde verkragting sou vergader het.

Maroela Media het vroeër berig Maseko, ʼn BA-derdejaarstudent, se dood het skokgolwe deur die Rhodes-studentegemeenskap gestuur. Hoewel die universiteit geen amptelike bevestiging van die oorsaak van haar dood gegee het nie, is daar wyd berig dat sy haarself Vrydag by haar huis in Johannesburg om die lewe gebring het nadat sy in Mei vanjaar die slagoffer van verkragting was.

Maseko het Vrydag op haar Instagram-profiel ʼn swart agtergrond met twee datums daarop geplaas. Die eerste is haar geboortedatum, 24 Julie 1995. Die tweede, haar sterfdatum. Onderaan dié plasing het sy geskryf: “No one deserves to be raped!” [sic]

Die universiteit het Maandagaand bevestig dat Maseko verlede Maandag (30 Julie) die beweerde verkragting by die instansie aangemeld het. “Die universiteit het onmiddellik met haar familie in verbinding getree wat die volgende dag van Johannesburg na Grahamstad gekom het vir ʼn vergadering, waarna hulle besluit het om Khensani vir ʼn rukkie huis toe te neem. Daar is ook by die vergadering ooreengekom dat die Rhodes Universiteit die saak sal opvolg,” lui die verklaring.

‘n Skermskoot van die laaste plasing op Khensani Maseko se Instagram-profiel.

“Khensani sou vandag [Maandag] teruggekeer het universiteit toe om met die ondersteuning- en ondersoekspan te vergader. Die universiteit, tesame met die SAPD en die Nasionale Vervolgingsgesag, dring aan op ʼn geregtelike ondersoek na Khensani se dood. Die tragiese afsterwe van Khensani sal nie die einde beteken van die ondersoek rakende die omstandighede wat tot haar dood gelei het nie.”

Die universiteit het gesê toetse, praktiese eksamens en take is tot volgende week uitgestel en studente sal vandag deelneem aan ʼn optog na die Setlaarsmonument. Die universiteit hou tradisioneel sy gradeplegtighede by dié monument en dit sou die plek wees waar Maseko haar studenteloopbaan sou afsluit. “Die kwessie rakende seksuele toestemming sal in ʼn reeks gesprekke bespreek word wat oopgestel sal wees vir almal op die kampus.”

Beraders is ook ontplooi om enigiemand by te staan wat deur die voorval geraak is. ʼn Span is aangestel om ʼn volledige program vir die bewusmaking van en die stryd teen geslagsgebaseerde geweld by die universiteit te ontwikkel. Alle vlae op die universiteitskampus sal ook halfmas wapper tot ná Maseko se begrafnis.

Dr. Sizwe Mabizela, visekanselier van die universiteit, het gesê Maseko se dood plaas die kollig op die vlaag van geslagsgebaseerde geweld in die samelewing. “Ons is beroof van ʼn ongelooflike jong vrou wat bestem was om ʼn ingrypende rol in ons samelewing te speel,” het Mabizela gesê.

Die universiteit het versoek dat die privaatheid van Maseko se familie in hierdie tydperk van rou gerespekteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Bernie ·

Sò jammer Khensani, dat iemand jou op so wrede manier ‘doodgemaak’ het; hy het jou hele lewe van jou weggevat. En jy was so pragtige jong dame. Mag jy in vrede rus.

To Khensani’s parents: my sincere condolences for the loss of your beautiful daughter. I wish I could hold you both for a minute. I will pray for you!

M ·

Baie erg! Groot verlies; pragtige meisie.
Verban alle pornografie; die begin vd euwel dade.

Susan ·

So tragies dat sy tot so n daad moes oorgaan. Laat di verkragter ook sy pyn en lyding deurmaak soos di jong meisie moes. Sterkte aan di ouers wat n kind an di dood moes afstaan

Annie ·

Khensani.. you such a beautiful young woman… I believe you have found the peace and healing that your soul were craving for…. I pray for your parents.. may God comfort them … we don’t understand why this awful stuff on earth happens to God’s beautiful children, but the only comfort I can give to your friends and family: stand strong, God has overcome the world… Rest in Peace Khensani

Wollie ·

Baie dieselfde as n onlangse netflix reeks en boek 13 Reasony Why.. persoon moet eers dood wees voor enige iemand begin omgee

Liberaal ·

Want liberales gee net om vir die misdadiger se regte, die slagoffer se regte beteken nie veel nie.

Michelle ·

Wat ek nie verstaan nie is hoekom word hy NOU EERS geskors? En wat van toesluit, of gaan hy maar net wegkom hiermee?

Lynette ·

Dit gaan nou basies onmoontlik wees om hom te vervolg, want die enigste getuie is dood :-(

Kwagga ·

Misdaad raak ons almal. Ons almal is inwoners van so pragtige land gesaai met haatlike misdaad. Niemand verdien dit nie. Sterkte aan die familie en vriende.

weet ·

Hierdie is bewys van n diverse Suid-Afrika Wat Saam Staan . As mens kyk na al die groepe en kulture Wat saamstaan dat vroue S beter Beskerming moet he in Ons land. Los die plase en begin by die kriminele in die land CR

Bossie ·

Hierdie pragtige kind is dood aan die hand van ‘n verkragter. Sterkte aan haar familie. Ek wil egter my eie mening lig. Verkragtings- en molesterings slagoffers, glo ek, gaan almal “dood” al leef hul nog. Daardie daad kan NOOIT weggevat word of vergeet word nie. Khensani het nie kans gesien om dit saam met haar te dra tot sy oud is nie. Die dood is haar manier om dit nie te onthou vir die res van haar lewe nie. Dis so hartseer…

Ex speurder Katryn ·

Wat ‘n verskriklike groot gemors! Die hartseerste storie. Hoe ongelooflik erg moes haar laaste ure wees en terwyl sy hierdie skryf. So ‘n mooie meisie. Weg. Rus in vrede Khensani. Mag Liewe Jesus jou styf vashou en weer heel maak waar jy nou is. Aan haar ouers, ek wil nie eers dink deur watse hel julle nou gaan nie. Mag julle berusting vind in die wete dat sy nou veilig is. Hierdie ding was te groot vir haar. Te seer…

BAIE HARTSEER ·

Die skade wat ‘n act of violence op jou gees het is = moord. Sterkte vi haar familie

Piet Pompies ·

Die feit dat die arme student haar eie lewe geneem het bewys weereens die waarde, trots en die rynheid van ‘n vrou se liggaam wat sy onderhou het. Sterkte aan die familie en vriende.
Die oortreder verdien die swaarste straf.

Wiki ·

Wat ‘n mooi kind, so jammer vir die ouers se verlies. Sterkte!

Jice ·

Daar word gepraat van mense regte!!!! Verkragters en moordenaars kom weg met hulle dade want hulle word beskerm deur mense regte. My vraag is wat het geword van die persoon wat verkrag en vermoor word se mense regte? Dit het te maklik geraak om te verkrag en te moor, en die oersoon wat die daad gepleeg het leef dan tog te lekker op belasting betalers se geld in die tronk. Hulle moet uit die samelewing weg gevat word, en ook met hul lewe betaal vir wat hulle aan ander mense doen. Sterkte vir die familie hoop julle vind die berusting wat julle nodig het in die slegte tyd wat julle moet deurgaan.

Liberaal ·

Liberaliste is dolverlief op misdadigers, hulle sal altyd eerste kom in n liberale linkse stelsel.

Afrikaanse Knaap ·

Die arme vrou… My hart gaan uit na haar familie en geliefdes.
As ek ‘n leier was het ek verkragters en mishandelaars baie swaar gestraf.

whanita ·

Dis baie hartseer dat hierdie pragtige jong vrou met haar lewe moes boet vir wat iemand anders aan haar gedoen het. RIP Khesani.

Niel ·

en weereens dink ek aan Konsalik se boek “ek eis die doodstraf”…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.