Vermeende verkragter in vrou se bed betrap

Argieffoto

Lerato Mohono (25) het Maandag in Lindley in die Vrystaat in die hof verskyn op aanklag van verkragting en huisbraak.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê Mohono se saak is tot 2 Maart uitgestel vir aansoek om borgtog. Hy bly in aanhouding.

“Mohono het op 20 Februarie in die vroeë oggendure by die 59-jarige vrou se huis opgedaag,” het Makhele gesê. “Die vrou het gelê en slaap en hy het die deur oopgedwing. Die vrou het wakker geword toe Mohono na bewering geld van haar geëis het. Toe sy sê sy het nie enige geld nie, het hy haar glo aangerand voor hy haar verkrag het.”

Mohono het daarna glo die slagoffer se selfoon gevat en op haar bed aan die slaap geraak. “Toe sy sien Mohono lê en snork, het sy hulp gaan soek by haar bure. Mohono was nog vas aan die slaap toe die bure by haar huis opgedaag het. Die polisie is ontbied en die man is in hegtenis geneem.”

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die gemeenskap van Lindley bedank dat hulle die polisie ontbied en nie die reg in eie hande geneem het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scalla ·

Die man was beslis onder die invloed, iets klink nie lekker met die storie nie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.