Vermeende verkragter na Weskoppies gestuur

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Mpumalanga wat na bewering ʼn 10-jarige meisie verkrag het, is na Weskoppies-hospitaal verwys vir ʼn sielkundige ondersoek.

Die beskuldigde (30) se naam mag nog nie bekend gemaak word totdat hy gepleit het nie. Hy het Dinsdagoggend vlugtig in die Tonga-landdroshof verskyn, het ʼn Sapa-korrespondent berig. “Jy bly in aanhouding en jy word na Weskoppies Psigiatriese Hospitaal oorgeplaas vir ʼn sielkundige ondersoek,” het landdros Snowy Masango aan die man gesê.

Die beskuldigde, van Sibhejane informele nedersetting naby die grens aan Swaziland en Mosambiek, is op 16 Augustus by sy ouers se huis in hegtenis geneem. Die landdros, die staatsaanklaer en die mense wat Dinsdag in die hof was, het glo gelag toe die beskuldigde wou weet waar Weskoppies geleë is. “Weskoppies is in Pretoria. Waarom vra jy so vraag?” wou die landdros weet. Die beskuldigde het gesê een van die polisiebeamptes by Tonga-polisiestasie het aan hom gesê Weskoppies is in Mbombela.

“Jy sal by Weskoppies in Pretoria ondersoek word, nie in Nelspruit [Mbombela] nie,” het Masango gesê.

Die saak is tot 1 April uitgestel vir die verslag oor sy geestelike toestand. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.