Vermeende verkragter verdwyn voor hofverskyning

Jan Lewis Strydom (42) (Foto: SAPD)

Die polisie in die Noord-Kaap is al ʼn jaar lank op die spoor van ʼn man wat die oggend voor sy hofverskyning spoorloos verdwyn het. Jan Lewis Strydom (42) was veronderstel om in die hof te verskyn in verband met klagtes van verkragting en kinderpornografie.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê Strydom het glo in Maart 2016 ʼn 11-jarige meisie in Victoria-Wes in die Noord-Kaap verkrag.

Strydom was op 23 Maart 2020 veronderstel om in die distrikshof in Victoria-Wes te verskyn, maar hy het nie opgedaag nie. ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik en hy word sedertdien gesoek.

Mense met meer inligting wat die polisie kan help om Strydom op te spoor, kan die ondersoekbeampte, kapt. Wietz Coetzee van die De Aar-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS), by 082 495 5224 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Phillip ·

Hy doen net wat sy x presedent doen dis al (if joe can beet them join them ) (waht te manckie see teh manckie doe )

petro ·

dit is nie juis nuus nie want hy moes al lankal agter tralies gewees het

pompies ·

Liewe hemel julle het 4 jaar gehad om die saak teen hom te begin, nou na 4 jaar begin julle hom te soek. Die man kan lankal dood wees vir al wat julle weet, dit is julle eie skuld dat hy verdwyn het magtig julle weet nie wat julle doen nie.

JM ·

En só gaan dit met alles in die land: kan julself nie in rat kry en doelgerig optree nie. Die wil ontbreek totaal!

Maggies ·

Die enigste wil wat nie ontbreek nie is bedrog, bedrieg en die rassisme knoppie te druk.

Cecilia ·

Hy os lankal veilig in Botswana of Namibie. Weer besig met sy sekskepades. Borg word te maklik toegestaan. Het niemand in 5 jr sy borgvoorwaardes opgevolg nie?
Patete!

Sarel ·

Dit is die gevolge vzn ‘n swzl Regstelsrl.
Was hu uit op borg rn waarom moes hy errs 4jr later in fie hof vrrskyn.
So word ons kinders beskerm

Casper ·

Die kanse on ‘n goudstaaf in kat se pens te kry is beter as om die skurk op te spoor.Jy moet net eers die kat kry.Welgedaan SAPS.Net weereens ‘n bewys hoe paraat omie met die hoed se manne is.Waar is die 72 uur aksieplan.

Fedup ·

I don’t get it.
From march 2016 to march 2020?
And the police are looking for him for a year now?
What did they do for 3 years then?
Anyhoo, he will be punished.

Alet ·

Hoe meer berigte ek lees hoe meer lag ek. Die verval in die land is so lagwekkend dat dit help nie eens mens probeer iets daaraan doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.