Vermeende vroueslaner verskyn in hof

Die Vrystaatse man wat na bewering minstens vyf vroue aangerand het, bly in aanhouding nadat hy Maandag vlugtig in die landdroshof op Odendaalsrus verskyn het.

Lodie van Dyk staan tereg op verskeie aanklagte van aanranding en van opsetlike saakbeskadiging. Foto: Verskaf

Lodie van Dyk (36) is verlede week in Bethlehem in die Oos-Vrystaat aangekeer en teruggebring na die Goudveldse dorp waar hy na bewering sy derde vrou, Domonique Vergottini, aangerand het.

Hy kom weer Vrydag voor op al die sake van aanranding teen hom, maar daar is nog nie sprake van borgtog nie.

Een van sy vermeende slagoffers, wat 21 was ten tyde van die beweerde aanranding, het Dinsdag gesê dit het ʼn hele ruk geduur voordat hy haar kon oortuig dat hulle by mekaar sou pas.

Van Dyk het Marina Janse van Rensburg (22) na bewering in Julie 2017 met die knie en vuis geslaan en bosse hare uit haar kop gepluk.

Sy sê aan die begin was sy baie versigtig vir hom, “maar op die een of ander manier het hy daai liefdekant in my weer na vore gebring”.

Marina Janse van Rensburg vertel nadat hy sy bed gebreek en ’n stuk daarvan deur die plafon gegooi het, wou sy hom los, maar hy het haar oortuig hy sou nooit sy hand teen haar lig nie. Foto: Verskaf

Sy sê sy val nie maklik vir iemand nie en was ook huiwerig weens die ouderdomsverskil van 14 jaar. “Hy het glad nie opgetree soos iemand wat baie ouer as ek is nie. Hy is nog lekker jonk van gees. Ons kon praat op dieselfde vlak en mekaar verstaan.”

Janse van Rensburg sê die eerste teken dat iets fout was in hul verhouding, was toe hy “letterlik sy bed deur die dak gegooi het”. Hy het die houtbasis van die bed gebreek en die een stuk deur die plafon gegooi, vertel sy.

Ek het begin huil en ek wou my goeters vat en ek wou gaan.

“Ek het begin huil en ek wou my goeters vat en ek wou gaan, maar toe het hy vir my gesweer: Ek moet net een ding verstaan, hy sal nooit sy hande teen my lig nie.”

Sy vertel die volgende twee weke het dit goed gegaan, maar toe gebeur die beweerde aanranding, die eerste en enigste keer. “Hy het my nie voor die tyd gedreig nie,” onthou sy.

Janse van Rensburg vertel Van Dyk het haar op die hande gedra. Foto: Verskaf

“Hy het nog vir my gesê hy gaan badkamer toe. Hy het teruggekom in die lapa, sy glas teen die muur stukkend gegooi en my begin slaan. Daar was nie ʼn rusie vooraf nie. Daar was niks vooraf nie. Alles was fine. Ek was net so geskok gewees …

As dit is hoe liefde lyk, dan wil ek eerder nie liefde hê nie.

“Ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie. Dit het net gebeur. Die ander getuies sal dieselfde sê: Dit het net gebeur. Dit was ook net die eerste die laaste keer, toe het ek besluit om my goeters te vat en te loop, want ek is meer werd as dit.

“Daai is nie liefde nie. As dit is hoe liefde lyk, dan wil ek eerder nie liefde hê nie.”

’n Ondersteuningsgroep is op Facebook vir Marina begin waar sy van haar herstelpad vertel en haar frustrasie om haar saak teen Van Dyk nou al langer as ’n jaar keer op keer uitgestel is. Foto: Facebook

Die skok was soveel groter omdat hy haar vooraf op die hande gedra het. “Hy het nie eens ʼn vinger in my rigting gewys nie,” vertel sy. “Hy het my vreeslik bederf en wou net liefde gee en ontvang. Hy was wel een keer baie kwaad vir my oor ek nie saam met hom dorp toe wou ry nie.”

Ek wil net hê hy moet erken wat hy gedoen het.

Sy sê Van Dyk het “oor die algemeen baie gedrink”. Die aand van die beweerde aanranding was dit wodka. “En ek weet nie, dit kan moontlik wees [wat hom gewelddadig laat raak het], maar ek sal nie weet of dit dít was nie.”

Janse van Rensburg sê sy hoop die saak word eindelik afgehandel. “Ek wil net hê hy moet erken wat hy gedoen het en sy straf soos die man vat wat hy uitmaak hy is. Dis nou tyd dat dit stop.

“Hy doen dit al te lank,” beweer sy, “en kom net weg daarmee. Dis nou klaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Steven ·

10 teen 1 geen mans nie, vroueslaners is lafaarde wat te bang is om iemand aan te vat wat terug slaan en baklei.

suez ·

VROUESLANERS SAL NOOIT AAN ‘N ANDER MAN SLAAN NIE WANT HULLE WEET HULLE GAAN DIT NIE OORLEEF NIE.SIEK MENS HIERDIè!

Oud skool vriendin ·

Hy het sy broer geslaan wat ook nie meer hier is nie.Asook sy pa en baie van sy vriende.Al ons vriende was bang vir Lodie want ons het geweetwat hy in staat is om te doen

Justice ·

Daardie regtervuis en knie behoort met `n bofbalkolf aangerand te word.

Poot ·

@Oud skool vriendin
Sy broer en pa was seker baie kleiner as hy. Die feit dat hy sy pa slaan sê baie van sy karakter.

Ants ·

Hemel maar ek raak nou al so moeg vir hierdie stelling! Dit, en “ek se maar net” *rol my oe*

Wim ·

Ants, ek is soo bly vir jou kommentaar. Ek voel dieselfde en dan is daar nog die “ek ruik ‘n rot”.

Vodka ·

Vodka is n pes van drank, ek ken ook mense wat se koppe hul heeltemal los as hulle vodka drink! Ek se nie dit wat hy gedoen het is aanvaarbaar net omdat hy vodka gedrink het en vodka die skuld gee nie, maar daai drank maak nie reg met mens se kop nie…. eintlik watter drank doen ooit? Hy moet gestraf word vir dit wat hy gedoen het en beslis minder begin drink dan sal dinge hopelik beter gaan!

Ellie ·

Ek verstaan nie… hoekom het die getuies niks gedoen toe hulle sien hy rand haar aan nie? Wat van al die mans wat daar gekuier het nie, hoekom nie haar beskerm het teen hom nie?

Hannelie ·

Hy sal nooit sy hande vir ‘n man lig nie……want hy is te lig in die broek, hy teiken weerlose vroue, so ‘n man hoort in die tronk en nie op straat nie. Ek hoop ook nie hy kry ooit weer ‘n vrou nie. Gaan kuier vir @Poot dan wil ons sien hoe lyk jou ou gesiggie. Partykeer wens ek ek was net vir 5 minute ‘n man….

heidie ·

ken die man al baie lank hys op dwelms dit het niks met drank te doen nie

Vodka ·

Dit het als met drank te doen – die dame se dan self hyt oor die algemeen baie gedrink. Drank en dwelms wat saam gebruik word het die soort uitwerking op mense! En selfs al word dit apart gebruik is die gevolge partykeer die selfde! So bly sy gesig word gewys! Vrouens moet op die uitkyk wees vir hom en nie val vir sy mooi praatjies nie!

Baas ·

Hoekom soek vrouens altyd die “bad boys”? … sal dit nooit verstaan nie.

Johanné ·

Baas, dis nie net ‘bad’ boys wat vroue slaan nie. Dit gebeur in baie ‘goeie’ Christelike huise ook. Daar is net té veel ongeïdentifiseerde narsiste wat tussen normale mense rondloop. Want sy sê uitdruklik: “As hy dit net wil erken” – een primêre kenmerk van ‘n narsis, ontken alles en stap weg, want dis noooooit hy nie!

Tania Heyns ·

Dagsê Willie

Dankie vir jou kommentaar. Volgens die Afrikaanse taalreëls word woorde wat in Russies met ‘n v begin, in Afrikaans met ‘n w geskryf, byvoobeeld Wladiwostok en Wladimir Lenin.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

RHG ·

Marina, jy is so pragtig, dis verblydend dat jy hom onmiddellik gelos het. Ek kan nie glo hy het jou fraai gesiggie so verniel nie.
Daar is baie goeie, liefdevolle mans wat jou op die hande sal dra. Kies net versigtig.

waarheid ·

Ek is bly ons kan almal sien hoedat hy lyk – die vroueslaner en boelie.
Jou gesig gaan nie vergeet word nie- glo my!!

Sann ·

Dink jy regtig vrouens stap na ‘n ou toe en dink “man, maar jy lyk soos ‘n ou wat my lekker kan slaan”… En o ja, dis altyd die vrou wat hom daartoe gedryf het.
Alida, jy slaan die spyker op sy kop.

Frikkie Geld en huis ·

Ek het jare terug so ‘n vegter vir ‘n buurman gehad. Nogal ‘n rustige busdrywer gewees, maar vroutjie moet nou net nie met iets saamstem of andersom nie saamstem nie. Dan vloek buurman en hy peper daai vroutjie. Uur later is alls oor en die dop is op. Gelukkig een oggend na so ‘n aanval word die ou nie weer wakker nie.

Diefie ·

Hoe hartseer is dit nie. Hy kom van kleintyd daarmee weg, Geen borgtog vir hom nie. Ongelukkig is die tronk nie die “regte” plek nie, want daar is dwelms meer beskikbaar.

ES ·

Daar is so baie sulke mans daar buite. Aan die begin is hulle vreeslik oulik en romanties en daarna kom hul ware kleure uit. Die oomblik wanneer ‘n man so ‘n woede uitbarsting het, kan jy verseker weet hy het nie beheer oor homself en sy humeur nie. Hy is ook iemand wat nooit sal verander nie. Eenkeer ‘n vroueslaner, altyd ‘n vroueslaner.

thelsa ·

Dit het niks met drank te doen nie. You is what you are !!!!!

AH ·

Lafaard! Sy verweer is seker dat sy hom daartoe gedryf het……of die stemmetjie in sy kop het. Drank en dwelms is nie versagtende omstandigede nie. Hy is ‘n vroueslaner! En dat hy sy Pa geslaan het – wel dit spreek boekdele!

Kopskud ·

Siestog, ek sal die stukkende gesiggie nooit, ooit vergeet nie. ‘n Man se hand wat dood en stukkend maak? Ek wonder net hoeveel vrouens loop met kneusplekke van woorde wat nooit genees nie. Ja, ek sê vrouens, want geen vrou hoe goed of hoe dronk of hoe sleg of wat ookal mag mishandel word nie.

Spark Plug ·

Dis nie drank nie…hy het gaan dwelms snuif en spuit en toe haak sy koppie uit

Willie ·

Kyk ou seun as dit my dogter was, het jy die huidige met die ewige verwissel….

HPV ·

Aangesien die ou slegs vroue aanrand wil ek voorstel dat hy so paar minute teen ‘n vroulike MMA hokvegter te staan kom, sonder ‘n skeidsregter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.