Verminkte liggaam aan elektrisiteitspaal vasgemaak

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 24-jarige man wat aan ʼn elektrisiteitspaal vasgemaak is, is Vrydagoggend in Orlando-Oos in Soweto opgespoor.

“Een van die kinders het gesien die man staan by ʼn paal,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het vir sy ouers gaan vra wie dit is en hulle het bevind die man is opgehang.”

Sy hande was agter sy rug vasgebind en sy mond is met kleefband toegeplak. Een van die man se ore is afgesny.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. “Ons het nog nie ʼn verdagte nie,” het Makhubela gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.