Verminkte liggaam uit see gehaal

Foto: NSRI

Foto: NSRI

Die liggaam van ʼn man, wat skynbaar deur ʼn haai verskeur is, is Sondag uit die see naby Durban gehaal.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê polisieduikers het NSRI-bemanningslede van Durban omstreeks 08:00 versoek om te help om ʼn liggaam uit die water te haal wat ʼn vissersboot naby die mond van die Umgeni-rivier opgemerk het.

Volgens die NSRI is die seereddingsboot Megan II uitgestuur om te liggaam op te spoor en na die kus te bring.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die man se liggaam was “erg vermink”, vermoedelik deur ʼn haai. Die linkerarm was weg. Die man se identiteit kon nog nie vasgestel word nie en dit is nie duidelik hoe lank die liggaam in die water was nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KarooKlong ·

Neewat, ek stort eerder.
Vrekbang selfs vir die bad se prop wat vir my lyk soos ‘n ronde haaitjie.

humor ·

In daai droe dorre karoowereld sal n mens jou seker kan voorstel dat n haai soos n rond badprop lyk

WitBlits ·

Gelukkig nie te erg nie want dit gebeur net eenkeer ‘n jaar in KarooKlong se lewe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.