Vermiste 11-jarige dood gevind

Argieffoto: SAPD, Facebook

Die 11-jarige seun van Oos-Londen wat Woensdag vermis geraak het, is Donderdag dood gevind.

Ao. Hazel Mqala, woordvoerder van die polisie, het gesê die kind van Buffalo Flats het saam met sy maats gaan speel en nie weer teruggekeer huis toe nie. Familielede en vriende het dadelik na hom begin soek, maar sonder sukses.

Polisiebeamptes het later by die soektog aangesluit en Donderdag is die seun se liggaam gevind. “Daar word vermoed dat hy deur ʼn onwettige elektriese verbinding doodgeskok is. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood vas te stel,” het Mqala gesê.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Santjie ·

Ai! Baie hartseer! Die arme maatjies was seker te bang om iets te noem.

Theresa ·

Spoor die mense op wat die krag onwettig gekoppel het.
Hul is verantwoordelik hiervoor.

Nettie ·

@Theresa, dan sal jy omtrent die hele informele woonbuurt of kamp, in daardie omgewing, moet aankla, want onwettige krag-konneksies is vir dié mense soos wat asemhaal vir my en jou is. Gaan kyk gerus in die naaste plakkerskamp by jou: onwettige kragkonneksies loop soos spinnerakdrade van LEWENDIGE oorhoofse kragpale af, dikwels deur gate, oor paaie, deur waterpoele …………………….. dit is hoe daardie mense lewe.

Marinda ·

Baie jammer om dit te hoor. Ai, sterkte aan die familie en naasbestaandes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.