
Tiyiselani Nokuthula Rikhotso (11) se liggaam is Maandag in die Klein Letaba-dam in Limpopo gevind. Sommige van haar liggaamsdele is verwyder.
Die polisie in Giyani, Limpopo, het ʼn reusesoektog van stapel gestuur nadat die liggaam van ʼn 11-jarige meisie wat die naweek in die provinsie verdwyn het, in die Klein Letaba-dam gevind is.
Tiyiselani Nokuthula Rikhotso van Dengeza buite Giyani het Sondag van haar ouerhuis verdwyn. Sy is die volgende dag as vermis aangemeld en daar was tot nou geen spoor van haar nie.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê inwoners het die kind se liggaam in die dam ontdek en die polisie ontbied. Sommige van haar liggaamsdele is verwyder.
Die provinsiale polisiehoof, lt.genl. Nneke Ledwaba, het die moord ten sterkste veroordeel en die polisie beveel om nie te rus tot haar moordenaars opgespoor is nie.
Die moontlikheid dat Tiyiselani as deel van ʼn rituele moord doodgemaak is, kan in dié stadium nie uitgesluit word nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Die foto van die arme dogtertjie is definitief nie die van n 11 jarige kind nie, maar seker al een wat die familie gehad het. Lyk my dis n tendens landswyd met die kinders wat so ontvoer word en uiteindelik word sie lykies gevind. So asof ons land nie tans genoeg drama het nie. Simpatie aan haar familie
O shame little girl…. RIP.
En die mense is bekommerd oor die Corona-virus……….daar is ‘n veel erger virus in ons land, een wat onskuldige kinders se lewens neem……..
hartverskeurend
Dit is siek om die minste te se . Baie sterkte aan die familie .