Vermiste 3-jarige dood aangetref in bosse

Argieffoto (Foto: Tracey Adams/African News Agency/ANA)

Die polisie in Motetema buite Groblersdal stel ondersoek in ná die liggaam van ʼn driejarige meisie, wat in Moganyaka as vermis aangemeld is, in bosse gevind is.

“Boithekgo Chauke is op 2 April 2022 as vermis aangemeld. Sy het verdwyn ná sy saam met ander kinders in die bure se erf gespeel het,” sê brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie. Die polisie en lede van die gemeenskap het ʼn soektog van stapel gestuur.

Die polisie se honde-eenheid en eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het ook by die soektog aangesluit.

“Die kind se liggaampie is Donderdag laatmiddag in bosse naby Mamphokgo gevind. ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak. Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie. Die ondersoek duur voort.”

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende polisiekommissaris, het die gemeenskap gerus gestel dat die polisie nie sal rus totdat die oortreders aangekeer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.