Vermiste Alberton-baba: ‘Ons volg talle leidrade op’

Eden Laird (Foto: Pink Ladies)

Eden Laird, die 13 maande oue baba van Brackendowns in Alberton wie se storie binne 24 uur derduisende Suid-Afrikaners se harte aangegryp het, is nog nie gevind nie.

Lt.kol. Lungelo Dlamini het Donderdagoggend aan Maroela Media gesê klein Eden word, 24 uur nadat hy verdwyn het, steeds vermis. Dlamini wou nie uitbrei oor die vordering van die ondersoek of inligting verklap rakende Eden se verdwyning nie.

“Al wat ek nou kan sê, is dat ons tans verskeie leidrade opvolg en alles in ons vermoë doen om hom op te spoor,” het hy gesê.

Dlamini is nie die enigste een wat so min moontlik inligting oor die ondersoek wil bekendmaak nie. Laird se ouers is volgens verskeie mediaberigte nie bereid om in dié stadium enige onderhoude toe te staan nie. ʼn Persoon na aan die familie het aan Maroela Media gesê alle betrokkenes is opdrag gegee om geen bykomende inligting rakende Eden se verdwyning bekend te maak nie, aangesien dit die ondersoek nadelig kan beïnvloed.

ʼn Woordvoerder van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het ook in antwoord op vrae op die groep se amptelike Facebook-blad gesê geen bykomende inligting kan verskaf word as dié wat reeds op sosiale media versprei is nie.

Pink Ladies se plasing oor Eden se verdwyning is teen Donderdagoggend reeds meer as 27 000 keer gedeel en talle mense het op die plasing gereageer met vrae, kommentaar en gebede vir die gesin.

Daar is ook Donderdagaand ʼn biduur vir baba Eden by die Bridge Church in Alberton gehou om te bid vir die veilige terugkeer van die seuntjie.

Maroela Media het vroeër berig die Laird-gesin se huishulp het Woensdag omstreeks 08:45 saam met Eden gaan stap, maar nie weer teruggekeer huis toe nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering.

Eden het ʼn grys sweetpakbroek met pampoenpatrone en ʼn oortrektrui met die woorde “Granny Sunshine” daarop, aangehad. Hy het ook ʼn grys-en-donkerblou trui aan en donkerblou-en-wit sokkies met seilbootjies daarop.

Mense met meer inligting word versoek om konst. Malepe by 082 358 8369 of 082 771 6328 of Pink Ladies by 072 214 7439 of 083 378 4882 te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

wilma ·

Word die biduur Donderdagaand gehou of het dit reeds Woensdagaand plaasgevind?

leser ·

sterkte aan ouers, hou Sy Hand vas, Hy sal help.
soos ek met ‘n ander berig gesê het, hoe kan ñ mens deesdae iemand vertrou, selfs die nanny kan dinge laat skeefloop, waar op aarde is sy nou.
Ek pleit ook dat as iemand hom ontvoer het dat die persoon/e, die pragtige kind ongedeerd sal terug besorg

NADIA ·

O, my genade. EK het nie woorde nie. EK hoop julle vind die pragtige seuntjie some vannig en ongeeerd. Ek dink aan julle ek sal mal word. baie baie sterkte

Ekke ·

Eish, jammer maar in vandag se dae KAN ‘n oppasser NIE meer in die buurt gaan stap met kinders nie. Beplan?

GM ·

@Genoeg is genoeg, alhoewel die meeste van ons hoop dat daar met misdaad klaargespeel gaan word, gaan die ‘werkloosheid’syfer nog verder die hoogte inskiet as hul dit sou doen. En dan sal al die hoëkoppe wat anderpad kyk, nie so lekker kan lewe nie. En wie gaan hul vuilwerk doen as hul nie hul onderdane kan opsteek nie?
Maar ja, as ek die ouers was en ek kry die persoon in die hande wat my kind ontvoer het…. Dit sal ‘n uitgerekte proses wees…

Mag Eden ongedeerd teruggevind word.

Pieter ·

hoop hy word spoedig gevind
hkm lyk dit of die baba merke op sy gesiggie het???

Mrs.B ·

Die seuntjie het nie merke op sy gesiggie nie, dit is baie duidelik ‘n kleinding wat rond kruip en lekker vuil word. Gesiggie, bene en arms lyk dieselfde.

Anoniem ·

JESUS hou hierdie seuntjie veilig dankie my HEER vir elke gebed ???

GM ·

Pieter, in die ander berig het van die kommentators gesê dat dit lipstiffiemerkies is :-)

Karien ·

Wonder ek ook oor daai merke!!! Mens kan sien hy is vuil…maar daar is VERSEKER merke ook!!!!!

Annaline de Wet ·

my hart pyn vir die ouers..ek hoop en bid hy word gou en ongedeerd gevind..so klein nog

Lee ·

Dear Lord ,
Our children have become targets in their innocence,,,we pray fro safe keeping
protection over all missing kids fro them to return home.
Eden
also our beloved #findlee Liyaqat Mentoor, still praying for you my boy

Martinet ·

Vriendin van die familie het reeds op FB op verskeie kere geantwoord dat dit lipstifie merke is. Hy het in sy ma se ‘make-up’ ingevaar en hulle het n foto geneem.

Jozy ·

Bly om te sien dis nie net ek wat bekommerd is oor die merke op d baba se gesiggie nie.
Kan maar net hoop en bid hy word spoedig gevind.

Penellope Jones ·

Laat mens sprakeloos – kan net hoop en vertrou dat hy spoedig ongedeerd gevind sal word.
Voorspoed ook met die ondersoek.

Liedie Odendaal ·

Here ons roep U kosbare bloed van beskerming oor klein Eden uit, en sy veilige terug sorg aan sy Ouers. Al die eer kom U toe.

Elle ·

Kan heel moontlik lipstiffie-merke wees.
Kyk na die mondjie…
Lyk asof hy die lipstif in sy mond gehad het.
Pers en kan omtrent net een wit tandjie sien.

Denise ·

Ai dit is HARTSEER hoop regtig hulle vind hom wat het van die oppasser geword ??????

Alta ·

Hy’s net lekker vuil gespeel. Hy lyk na ‘n baie gelukkige seuntjie.

Gustav ·

Daai merke op die kleintjie se gesig lyk glad nie vir my na lipstiffie merke nie, sê maar net. Sterkte aan die gesin hoop hy word veilig opgespoor ek is self die pa van twee dogters en dit is my grootste vrees.

Belinda ·

Daai kleintjie is mal om in modder te speel en is baie keer baie vuil – niks daarmee verkeerd nie. Ek jan jou waarborg dat dit nie merke is nie!!

Kwaaitjie ·

My kinders se gesiggies permanent vuil van lekker speel. As dit iets anders as vuilmerke was sou die familie nie dié foto geplaas het nie.

Theresa ·

Mag hierdie onskuldige kind spoedig gevind word. Wat ‘n vreeslike ding om oor te kom.
Waar is die huishulp? Dis tog die beginpunt van die soektog?

Ampie ·

Dis nie duidelik of die huishulp betrokke is by die ontvoering nie. Nietemin is dit erg vreemd dat ‘n foto van die huishulp en haar naam, besonderhede en kleredrag tydens die “verdwyning” nie geplaas word nie. Dalk is hier ‘n losprys wat gevra word, wat die gebrek aan besonderhede sal verduidelik.

Nagmerrie ·

My huishulp het my al in die 90’s gewaarsku teen mense wat wit babas en kinders probeer koop by oppassers wat met hulle in die straat rondloop. Vandag kan ek glo dat dit sommer baie meer aggressief gebeur.

Amber ·

Theresa, dis wat ek ook wil weet, waar’s die huishulp? Is sy ook weg?

Pelsermc ·

Lees asb weer die berig, 2 persone is vermis aangemeld, “maar nie weer teruggekeer nie”

M.A.W ook vermis

jaco ·

RY na die huishulp se huis toe. Hoe moeilik kan dit nou vir die SAPD wees? Daars seker nie n voertuig beskikbaar nie (dis die verskoning wat ek gekry het toe ek gesien het hoe ‘n winkel beroof word), of dis ‘n geval van “dis tog maar net n wit kind wat weg is, so dis maar ok. ons wil tog eintlik van hulle almal ontslae raak”.

Tersia ·

Baba Eden hoekom het jy soveel beserings in jou gesiggie snaakse merke !!!!!!

Fransien ·

as jul mooi kyk is di selfde vuil merke op di armpies en beentjies. dis n gelukige seuntjie wat vuil terwyl hy kruip en speel… Genade tog. Bid eerder vir di pragtige seuntjie se veilige opsporing…. en vir sy ouers en familie in di verskriklike hartseer, vrees, bekommerde verwarde tyd… Asb Vader laat hul di pragtige seuntjie spoedig terug besorg aan sy ouers…

Eish ·

Dame, dis grimering waarmee hy gespeel. ‘n Mens kan sien hy is ‘n pragtige, gelukkige kind. Kom ons bid saam met die res van SA vir sy veilige terugkeer.

Magda ·

Dis hkm ek sê, ek werk eerder nie, vir daai paar pennies nie! My man gee vir my wat ek soek ! En ons as ours weet my kinders is veilig ! Vandag se lewe is te erg om mense te he wat vir mens werk , Jy as ma werk maar soms gaan haar selaris ook net so vir uit gewis !

Tasha ·

Dit breek my hart om na die foto van so ‘n klein onskuldige lyfie te kyk wat nie weet wat om hom aangaan nie…. Liewe Jesus besorg asb die Baba terug in sy Mamma se arms want hy het daai moeder liefde nou so baie nodig behoed en bewaar hom en hou hom styf in U arms. Baie Sterkte aan die Mamma en Pappa hou net aan met Glo, Hoop en Vertrou.

Eish ·

Dame, dis grimering waarmee hy gespeel. ‘n Mens kan sien hy is ‘n pragtige, gelukkige kind. Kom ons bid saam met die res van SA vir sy veilige terugkeer.

Louw ·

Huishulp……askuus mens Vader vertrou die kosbare goeitjies toe aan ouers ……wat ookal die rede neem kennis van tye van verandering asb….mag Vader die kind en kinders in die land onder sy beskerming neem.

Michelle ·

Ek vererg my sommer vir meeste van julle se kommentaar. Dat julle eerste die sogenaamde ‘merke’ raak sien wat boon op nie eers merke is nie maar lipstiffie. Al ooit gehoor van babas wat kruip en vuil word. Wat insinieer julle. Arme ouers. Mense kan darem alles uit verband ruk. Sterkte aan die ouers.

Eddie ·

Ek stem Michelle. N kind is weg, die ouers gebroke en n klomp lesers worry oor merkies op hom. Ek sien eerder n merkie op my kleindogter (sy is gereeld vol blou merke GESPEEL) as wat ek nie weet waar sy is nie. Kom ons dink eerder aan die gesin se smart en bodder later oor merkies (grimering). Hoe moet daai ouers voel as hulle die twak moet lees. Ek skaam my vir sommige kommentare. Aan die ouers, my innige simpatie,ek bly aan julle dink.

Nettie ·

Mens kan verstaan dat die “ondersoek” op ‘n sensitiewe stadium is, maar hoe de ongeluk verwag die polisie dat lede van die publiek moet help soek na die kleintjie as hulle inligting so skraps hou?

Lizet ·

Hoekom is daar nie foto van huishulp ook geplaas nie. Sy is ook vermis as ek dit reg verstaan. Miskien ken iemand haar.

CHARLOTTE ·

Ek lees dit dalk mis…. Is huishulp ook soek of nie? Sterkte hoop kindjie is veilig..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.