Vermiste Amerikaner vinnig opgespoor

Chloé Sehati (20).

Chloé Sehati (20).

ʼn Kort soektog na Chloé Sehati, ʼn 20-jarige student van Amerika wat in Kaapstad as vermis aangemeld is, het ʼn gelukkige einde.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Sehati is Maandag deur haar vriende as vermis aangemeld toe sy nie by haar blyplek opgedaag het nie.

“Sy het Sondagaand Café Caprice in Kampsbaai gaan besoek en is Maandagoggend vroeg, omstreeks 01:30, vir die laaste keer gesien toe sy die plek saam met ʼn ouer man verlaat het,” het Rechner gesê.

Sy het nie haar selfoon by haar gehad nie. Haar vriende het bekommerd geraak en ʼn vermistepersone-saak by die Kampsbaai-polisie aanhangig gemaak.

Omdat Sehati ʼn uitlander is, is die Amerikaanse ambassade by die saak betrek en inligting oor haar verdwyning wyd in alle kringe versprei. Dit alles het bygedra dat sy Maandagaand veilig en ongedeerd by ʼn voog se huis in Rondebosch opgespoor is.

“Daar was ʼn groot kommunikasiegaping tussen haar en haar vriende en hulle het glo nie geweet sy gaan na haar voog toe nie. Ons is net bly sy is vinnig en veilig gevind en bedank almal wat help soek het na haar,” het Rechner gesê.

Rechner het beklemtoon dat daar nie, soos wat vele mense dink, ʼn wagtydperk is om ʼn persoon as vermis aan te meld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Phillip ·

Dagsê Klitser

Dankie dat jy ons laat weet het. Ons het die berig gewysig.

Vriendelike groete

Phillip Bruwer (nms Maroela Media)

Peet Schabort ·

Ek verstom my aan die middernagtelike rinkink van die jongmense.

pop ·

Peet het jy nie uitgegaan as jongmens nie?? Mens is net een maal jonk

Winston ·

Te midde van die land se beeld en Amerikaners se verbasing oor hoe lank Oscar gesit het? Wees biki meer verantwoordelik dame! Dis nie Amerika nie. Lig mense in waar jy heen gaan of waar jy is.

Theresa ·

Ek stem Peet. Duidelik lewe hulle in ‘n droomwêreld wat jy net in stories kry. Maar leer is ook min. Maar daar is seker genoeg plek vir almal in die koerant………………………….

Griki ·

Baie bly sy’s veilig. Liewer almal op loop jaag en haar veilig terugvind as terugsit en dit was dalk anders. Misverstande gebeur, niemand is immuun nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.