Vermiste Anchen Muller (13) opgespoor

Anchen Muller (Foto: Verskaf)

Die vermiste 13-jarige Anchen Muller van Brackenfell in die Wes-Kaap is opgespoor.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

ʼn Grootskaalse soektog na Muller is oor die naweek van stapel gestuur.

“Sy is gisteraand omstreeks 22:35 in Bishop Lavis opgespoor. Sy is terug by haar familie,” het Rwexana.

Volgens Rwexana is sy ongedeerd.

Maroela Media het vroeër berig Muller is sedert Vrydagaand vermis nadat sy die naweek saam met haar vriende sou deurbring. Haar ma, Hanlie, het vertel dat sy haar dogter nié by die hek van die veiligheidskompleks waar hulle woon, weggesien het nie omdat sy ook ʼn tweejarige tweeling tuis versorg.

Muller se selfoon was afgeskakel en haar simkaart was vermoedelik ook uit die selfoon gehaal omdat speurdienste nie oor die naweek daarin kon slaag om haar selfoon na te spoor nie.

Hanlie het gesê die gesin het in die afgelope 48 uur nog nie ʼn oog toegemaak nie aangesien dit oor die naweek aan die lig gekom het dat Anchen glo op ʼn WhatsApp-groep aan vriende gesê het sy wil van die huis af wegloop.

Hanlie was nie Woensdagoggend onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Karen ·

Tipies. Niemand weet wat haar omstandighede was of is nie. Hoekom en waarom? As sy seergekry het of ergers was almal simpatiek maar nou wil paar weer hul sê sê. Rerig. Baie bly sy is ongedeerd

wilma ·

So dankbaar sy is (hopelik) ongedeerd gevind! Anchen, jou hele lewe lê voor. Praat met iemand as iets jou pla en jy hulp nodig het. Baie sterkte, meisie en vir jou ouers ook.

Marj ·

Laat ons net dankbaar wees dat sy gevind is en hoop dat sy n les geleer het en saam met haar familie wat ook al probleme daar is, kan uitsorteer.

Liza ·

Wilma ek stem saam met jou. Vat die kind en kyk wat haar pla ai dalk loop sy met baie seer in haar. Ek is so bly sy is veilig.. Bid jou seeninge toe .

Weet nie alles nie... ·

PJ Schoeman het in sy Fanie boeke destyds gesê:*As ‘n kind huil in die nag van die lewe gaan jy nie met’ n lat nie, maar met ‘n lamp… ” So baie wil haar nou reg slaan. Ek hoop iemand luister na haar hart…

V ·

Dankie aan ons Hemelse Vader dat Anchen ongedeerd is. Soveel kon verkeerd geloop het. ‘n 13jarige is steeds ‘n kind. Laat ons haar omferm met liefde. Gee die ouers krediet. Elkeen probeer sy beste. Hoop sy voel gou weer geliefd. Mag haar ouers mooi aan haar verduidelik en hul ook na haar vriendekring uitreik. Sterkte vir die Muller gesin.

Lambert Fick ·

Die wat net kritiek uitdeel het seker die reg on dit the doen. Polisielede se uitmuntende werk was God se seën en hulle sal verdere ondersteuning bied. Mense julle moet besef dat die ouderdoms group eerder as jong volwassenes genader moet word weens blootstelling. Julle weet voor julle siel waarvan ek praat. Hulle kultuur is vergruis en vertrap. Standaarde wat so dubbelsinig is, dat dit amper as antonieme beskou kan word. Daagliks sien ons hoe die leierfigure in ons land struikel en met hul gesigte in ‘n stink en skandalige modder poel val. Hulle rolmodelle se gedrag en dade het geen positiewe impak vir die oorversadige engatiewe blootstelling nie. Gee hulle, hul selfrespek terug, en doen dit met liefde.

kerneels ·

Ag genade tog, Mariovette Timmer, ons wou almal een of ander tyd wegloop van die huis af – onthou jy nog? Dis deel van kind en tienerwees. Moet tog nie altyd so gou oordeel nie. Ons is net dankbaar dat sy gevind is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.